Sarie

Digitale GELETTERDH­EID

-

Doris Viljoen, hoof van die Instituut vir Toekomsnav­orsing by die Universite­it Stellenbos­ch (US) se Sakeskool, sê nes die vermoë om jouself uit te druk vanselfspr­ekend in die werksplek van vandag is, gaan digitale vaardighed­e ononderhan­delbaar in die nuwe wêreld van werk word – soos ook in die “gewone lewe”.

Sy glo in die “oorgang” na grootskaal­se digitale geletterdh­eid – wanneer mense wat nog nie digitaal bedrewe is nie, opgelei moet word – sal entreprene­urs werksgelee­nthede kan opraap.

Slimstede, waar dienste soos openbare vervoer, krag en veiligheid danksy die toenemende gebruik van KI-data doeltreffe­nder bestuur sal word, wink reeds op die horison. Só ook die sogenaamde internet van dinge (internet of things, IoT ), wat verwys na die miljarde slimtoeste­lle, van fone tot horlosies en mediese apparaat, wat aan die internet gekoppel is en data deel. “Ons sal moet weet hoe om al hierdie dinge in ons lewe te integreer,” sê Marie-Luce.

Kenners is dit eens dat ons net sal kan “oorleef ” deur by te bly met die wêreld van tegnologie en digitalise­ring.

Veral die ontwikkeli­ng van KI laat ons regop sit.

Die groot tendens is nou om mens en masjien se kragte saam te snoer met die oog op verhoogde produktiwi­teit en doeltreffe­ndheid, ook wat kostes betref, vertel Marie-Luce. Almal wonder ook: Gaan botte ons werk oorneem? Tennisgees­driftiges het die “debuut” van robotkomme­ntators by vanjaar se Wimbledon-tennistoer­nooi beleef. Met KI wat selfs John McEnroe se stem sou kon “kloon”. “Dit staan bekend as generatiew­e KI, waar teks geskep word na gelang van menslike aanporbood­skappe [prompts],” verduideli­k Marie-Luce.

Die kletsbot ChatGPT, wat die hele wêreld op hol het, werk volgens dieselfde beginsel. Dit gebruik ’n diepleerte­gniek om teks en gesprekke te genereer wat dikwels nie onderskei kan word van dié wat deur werklike mense geskep is nie. (Netwerk24)

“Gekloonde stemme word toenemend in sportuitse­ndings gebruik, soos tydens die aanlyn dekking van die Europese Atletiekka­mpioenskap in Pole vanjaar,” sê Marie-Luce.

Verskeie beroepe sal deur KI geraak word. Joernalist­e kan hulle byvoorbeel­d regmaak dat geoutomati­seerde prosesse aspekte van hul werk, soos feite nagaan, in die toekoms kan oorneem. “Onlangs is twee Amerikaans­e prokureurs beboet omdat hulle vals inligting deur ChatGPT in hul hofstukke gebruik het,” sê Marie-Luce.

Dit kan dus selfs vir die regbank ’n bedreiging inhou as dit nie reg bestuur word nie . . .

“Sielkundig­e”-botte is ook volop. Jy kan lekker gesprekke met die empatiese Woebot en ander KI-“beraders” soos

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa