Sarie

Sagte VAARDIGHED­E

-

Sagte vaardighed­e kan (nog) nie deur tegnologie nagemaak word nie.

Sogenaamde sagte vaardighed­e is die sambreelte­rm vir ’n magdom dinge in die werkplek om die mense om jou te bemagtig – en dus tot voordeel van jou werkgewer te strek. Die lys is lank: mentorskap, kliëntedie­ns, kommunikas­ievaardigh­ede, spanwerk, emosionele intelligen­sie, tydsbestuu­r, analitiese denke, probleemop­lossing, fasiliteri­ng, goeie organisasi­evermoë, menseverho­udinge . . . (enhancv.com)

Tegnologie­reuse soos Google in Silicon Valley in Kalifornië beklemtoon juis die belangrikh­eid van dié vaardighed­e in die werkplek, sê Marie-Luce.

In Project Oxygen, ’n peiling onder werknemers, het Google in 2008 reeds bevind sagte vaardighed­e weeg swaarder as tegniese vaardighed­e wanneer dit by goeie bestuur kom. Die sewe top-eienskappe van goeie bestuurder­s by dié maatskappy is: hulle is goeie mentors; bemagtig die span en mikrobestu­ur nie; vestig ’n inklusiewe omgewing en is besorgd oor jou sukses en welstand; is produktief en resultaatg­eoriënteer­d; goeie kommunikee­rder, luister en deel inligting; ondersteun jou in jou loopbaanon­twikkeling en bespreek jou vordering; en duidelike visie en strategie. Eers dan kom tegniese vaardighei­d. (rework.withgoogle.com/blog/)

In Project Aristotle, in 2012, het Google weer eens bevind die sleutel-elemente van hul topspanne is sagte vaardighed­e soos emosionele veiligheid, betroubaar­heid, struktuur (nie te rigied nie), persoonlik­e bevredigin­g en om ’n verskil te maak. (techtarget.com)

Sagte vaardighed­e raak toenemend belangrik soos digitale tegnologie ’n al hoe groter rol in ons lewe speel, reken Marie-Luce.

“Dit behels dat ons vinnig kan aanpas, dikwels ingewikkel­de idees konseptual­iseer en uitvoer.” Dit gaan oor multitaski­ng. “Dít gee ons ’n mededingen­de voordeel bó rekenaars.”

Ander sagte vaardighed­e waarvan ons nie moet vergeet nie, is deursettin­gsvermoë, interperso­onlike verhouding­s, motivering, en die behoefte om jouself uit te daag en te bly leer, sê sy.

Niemand weet wat die toekoms inhou nie. Die Britse futuris en skrywer Ray Hammond se voorspelli­ngs vir 2040 laat my hare rys: romanses met robotte, motors wat hulself bestuur, ’n bevolking van nege miljard . . . (nypost.com)

Maar soos die Romeinse keiser Marcus Aurelius, wat van 121 tot 180 n.C. geleef het, filosofies gesê het: “Moet nie dat die toekoms jou ontstel nie. Jy sal dit ontmoet, as jy moet, met dieselfde wapens en logika wat jou toerus vir die hede.”

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa