Sarie

SJIEK GRIMERING

-

Wanneer dit by grimering kom, is die goue reël om ’n ligte hand te hê. Grimering op die Franse manier is subtiel en minimalist­ies en nooit perfek nie.

1 NATUURLIKE VEL

Laat staan liefs ’n onderlaag met hoë bedekking en kies eerder ’n BB-room met ’n romerige tekstuur wat ligte, effens deursigtig­e bedekking bied.

As jy ’n mooi vel het, kan jy selfs net ’n verbloemer gebruik om onder jou oë te verhelder en die ergste merkies op jou gesig te versag, sê Kelly.

WENK: Meng gerus jou vloeibare onderlaag met ’n vogroom of basislaag in jou handpalm om jou onderlaag se afwerking meer deursigtig te maak.

2 VARS BLOS

’n Sagte blos beklemtoon ’n gesonde vel en gee jou voorkoms jeugdighei­d en varsheid. Moet dit net nie oordoen nie. Kies ’n roomblosse­r omdat dit meer natuurlik lyk en makliker is om aan te wend. Tik net ’n bietjie daarvan op die appels van jou wange en net onder jou wangbene en skakeer dit mooi in.

3 EENVOUDIGE OË

Franse vroue verkies ooggrimeri­ng wat informeel lyk en moeiteloos is. Vir die dag is ’n ligte veeg van ’n enkele skakering oogskadu, soos goud, sjampanje, roos of bruingrys, in die kol. Skakeer dit met jou vingers of ’n sagte grimeerbor­sel in. Omskep dié voorkoms vir die aand met ’n gesmeerde oogpotlood­lyntjie teen jou wimperlyn en ’n paar lae maskara.

4 SMEULENDE LIPPE

Helderrooi lippe is ’n ikoniese kenmerk van Franse skoonheid. Dit skep

’n tikkie drama en werk ewe goed saam met ’n denimbroek en T-hemp as ’n elegante aandrok. Die geheim van ’n sjiek Franse rooi lip is om dit effens ingeleef te laat lyk en dan min tot geen ander grimering daarby te dra. Kam bloot jou wenkbroue netjies in plek en voilà!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa