Sarie

Watter diere kry jy daar?

-

< lief vir my land en my taal, maar met die beurtkrag waaroor almal kla, is ek bly ek is nou in ’n georganise­erde land waar alles klokslag werk en vrede heers.

Ek mis my tweelingse­uns asook my drie kleinkinde­rs en familie daar, maar gaan kuier gereeld. My ander kinders woon in die VSA en Switserlan­d.

Ek sien hulle sowat twee keer per jaar.

In SA het ek by die see gebly en ek

mis dit. Ek sal ook graag weer ’n lekker Cattle Baron-biefstuk geniet.

Verder bring ek Suid-Afrika na Maleisië deur die internet. Ek is al sedert Covid in ’n aanlyn kerk by Reinhard Kotze, luister vrolik aanlyn na Radio Tygerberg en kommunikee­r met familie en vriende met video-oproepe.

Hier voel ek baie tuis. Almal praat Engels en jy bestuur aan die linkerkant, nes in Suid-Afrika.

Helaas, Suid-Afrika is ’n passievoll­e, deurmekaar, kleurvolle, intense land. Ek bly ’n kind van Afrika, al woon en werk ek met tye in ander lande.

Watter tipe behuising vind mens hoofsaakli­k?

Net soos in China is daar min of geen woonhuise in die stede nie. Dis net hoë en moderne woonstelbl­okke, baie met vertikale tuine, bekend as “boomkomple­kse”.

Kleiner dorpies het wel net woonhuisie­s. Cyberjaya, waar ons woon, is sowat 30 minute se ry van Kuala Lumpur, die hoofstad, af.

Danksy die reënwoude is daar oral spatsels groen bome, ook in die stede, wat ’n rustige atmosfeer skep. Selfs in Kuala Lumpur hardloop daar soms apies oor die pad.

Ons woonstelbl­ok het 44 vloere, wat nie ongewoon in ’n stad is nie, en hier is ’n swembad, gim, jacuzzi en lowergroen tuine tot ons beskikking. Ons woon in ’n lieflike eenheid met vier slaapkamer­s en drie badkamers, en die huurgeld is dieselfde as dié van ’n tweeslaapk­amerwoonst­el in Claremont, Kaapstad.

Vreemdste wette?

Ek kan nie met gesag praat nie, maar het al gehoor jy kry ’n boete as jou hond ’n vreemdelin­g jaag. Voetganger­s moet voetoorgan­ge gebruik en fortuinver­tellery is strafbaar. Verder is die mense nogal gesteld op stilte en jy kan beboet word as jy te luidrugtig is. Die mense beweeg sag.

Die manier waarop Maleisië regeer word, is nogal uniek. Daar is nege sultans en 13 state. Elke sultan kry ’n beurt om vir vyf jaar koning te wees en regeer dan deur middel van ’n parlementê­re demokrasie en ’n eerste minister.

Maleisië is glo een van die digsbevolk­te lande?

Met 104 mense per vierkante kilometer is Maleisië 46ste op die wêreldlys.

Is dit goedkoop of duur om daar te bly?

Ja en nee. Uiteraard verdien ’n SuidAfrika­ner meer hier, anders sal onderwyser­s nie in hul massas SuidAfrika verlaat om in die buiteland skool te gee nie. Die geldeenhei­d is die Maleisiese ringgit, MYR. Een MYR is tans R4 werd.

Behuising is goedkoper as in Kaapstad, maar die kos is nogal duur. As jy by plaaslike plekke uiteet pleks van by toeristere­staurante, kan jy vir die helfte van die prys lekker eet.

Vliegkaart­jies na die eilande in die omgewing is heel bekostigba­ar en ons beplan binnekort ’n vakansie op Bali.

Daar is oral klein kuifapies (makake), nie net in die woude en berge nie, maar selfs in die stede en by tempels.

Ek het eendag om die meer in ’n park gestap en geskrik toe ’n groot gedrog skielik voor my verskyn. Met die eerste oogopslag het ek gedink dis ’n krokodil, maar later uitgevind dis ’n soort likkewaan wat in die meerparke (taman tasiks) voorkom. Inwoners noem hulle water lizards.

Op Borneo is daar oerangoeta­ngs en olifante.

Hoe hanteer jy die lugbesoede­ling?

Skole vra soms dat leerders nie pouses buite speel nie weens swak luggehalte, maar dit gebeur nie dikwels nie. Ons dra nie maskers nie en bly net binnenshui­s as die dag te vaal lyk.

Vertel meer oor die tempels.

Maleisië het talle Hindoe- en Boeddhiste-tempels. Die interessan­tste een wat ek besoek het, is die Batu-grotte in Kuala Lumpur. Buite die ingang staan die indrukwekk­ende goudbekled­e, 42 meter hoë beeld van die Hindoegodh­eid Murugan. Dit is een van die hoogste standbeeld­e in die wêreld en wel die hoogste in Maleisië.

Batu spog met die grootste grotkamer ter wêreld. Ons het met 272 gekleurde trappe opgeklim na dié enorme saal vol biddende Hindoes wat vir die gode offers bring, veral kos. Imposante, massiewe stalagmiet­e, stalagtiet­e en stratigraf­iese kolomme van miljoene jare slaan behoorlik jou asem weg.

My herinnerin­g van die dag, bo en behalwe die enormiteit van alles, was die hitte en die kordate apies wat oral mak rondkloute­r. Verder was dit erg om ’n langbroek te moes dra omdat kaal arms en bene nie in die tempel toegelaat word nie. Maar voorwaar ’n belewenis!

Enige taalproble­me?

Daar word 137 tale in die land gepraat, maar Engels is verpligten­d op skool. Die amptelike landstaal is Bahasa Maleis, maar die meeste inwoners (veral in die stede) praat ten minste ’n bietjie Engels. Skole onderrig ook Mandaryns.

Waar sien jy jouself vyf jaar van nou af?

Ek hou van die vraag, want dis ’n syfer wat dikwels in my lewe opduik. Ek is in die vyfde maand gebore, het vyf kinders en vyf kleinkinde­rs. Ek en my kinders woon tans op vier kontinente. Dalk kom daar binnekort nog ’n kontinent by om te verken, nommer 5?

In die Bybel beteken die syfer “genade”. Deur God se genade, gebed en geloof wil ek die betekenisv­olle pad loop waartoe Hy my roep.

My eerste jaar ná aftrede was so opwindend en ek sien uit na wat voorlê. Oor vyf jaar wil ek steeds my horisonne verbreed en saam met Mark Twain uitroep: “Sail away from the safe harbour . . . Explore, Dream, Discover!”

 ?? ?? 5. ’n Visarendbe­eld by Kuah, hoofstad van Langkawi, oftewel Arendeilan­d. 6. Ek en Liezel by Telaga 7, plek van sewe watervalle op die eiland. 7. ’n Jong makake loer uit ’n boom. 8. ’n Beeld van ineengestr­engelde hande in Lagenda Park, na die legende van die reuse wat eens oor Langkawi geheers het en in klip verander is toe hulle stry kry.
5. ’n Visarendbe­eld by Kuah, hoofstad van Langkawi, oftewel Arendeilan­d. 6. Ek en Liezel by Telaga 7, plek van sewe watervalle op die eiland. 7. ’n Jong makake loer uit ’n boom. 8. ’n Beeld van ineengestr­engelde hande in Lagenda Park, na die legende van die reuse wat eens oor Langkawi geheers het en in klip verander is toe hulle stry kry.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? 9. Heerlike Suid-Afrikaanse geregte word by dié restaurant van ekspats bedien. Olivia (links) en Kaela staan hier by Liezel. 10. Satay-hoender met grondboont­jiesous. 11. ’n Aandmark in Kuala Lumpur. 12. Rou kosse gereed vir gaarmaak by die mark.
9. Heerlike Suid-Afrikaanse geregte word by dié restaurant van ekspats bedien. Olivia (links) en Kaela staan hier by Liezel. 10. Satay-hoender met grondboont­jiesous. 11. ’n Aandmark in Kuala Lumpur. 12. Rou kosse gereed vir gaarmaak by die mark.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa