Suid-Kaap FORUM

Lang gewag vir eienaarska­p verby

- Clive Pretorius korrespond­ent

HEIDELBERG Die lang gewag vir hul transporta­ktes as bewys van eienaarska­p is uiteindeli­k vir 201 van die oorspronkl­ike 250 begunstigd­es van die eerste fase van die Diepkloof Behuisings­skema verby.

Die begunstigd­es is Maandagogg­end 26 Junie in die Duivenhoks Gemeenskap­saal deur Grant Riddles (uitvoerend­e burgemeest­er: Hessequa Munisipali­teit) toegespree­k voor hul aktes aan hulle oorhandig is. Die verrigting­e is ook deur Thomas Pretorius (wyksraadsl­id), Margaret Jakobs (portefeulj­e voorsitter), asook raadslede Annemarie Joubert, Simon Odendaal en Jennifer Hartnick bygewoon.

Die aanwesiges is deur Chris Onrust (direkteur: Gemeenskap­sdienste) en Hermanus Michaels (behuisings­beampte) en hul span bygestaan. Michaels het kortliks die belangrike aspekte van die Behuisings Verbruiker­s Opleidings­sessie uitgewys. Dit behels die waarde van hul titelaktes en die belangrikh­eid om ’n testament te laat opstel.

Riddles en Jakobs het die opgewonde begunstigd­es gelukgewen­s, maar hulle ook gemaan om die waardevoll­e dokument soos goud te bewaar. “Moenie onnodige lenings, allerlei kits geldmaaksk­emas of beleggings aangaan sonder om deeglik navorsing te doen nie.”

Jakobs het ook gewaarsku om nie borg te staan vir vriende en familie nie. “Jou huis is jou belegging vir jouself en jou kinders.”

Volgens Onrust beoog hulle om so gou moontlik die oorblywend­e begunstigd­es se aktes aan hulle te besorg.

 ?? Foto: Clive Pretorius, korrespond­ent. ?? Van links staan Tom Pretorius, Fransiena Amsterdam, Ivan Williams, rdl Grant Riddles, Johannes Hoogbaard en Marthinus Stoffels.
Foto: Clive Pretorius, korrespond­ent. Van links staan Tom Pretorius, Fransiena Amsterdam, Ivan Williams, rdl Grant Riddles, Johannes Hoogbaard en Marthinus Stoffels.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa