Suid-Kaap FORUM

Hy leef ‘n skoon lewe

- Elize Blom

Japie Moolman het geen bekendstel­ling nodig nie, want vra maar rond: Oral loop jy iemand raak wat Japie van die Julius Gordon Afrikana Sentrum, oftewel Versfeld-huis ken.

Hy is soggens 'n bekende gesig in die hoofweg van die dorp waar hy die middelmann­etjies skoonvee. Of iewers op pad op sy fiets. Moolman is trots op die feit dat hy so lank in diens van Hessequa Munisipali­teit is en steeds kan sê dat hy geen oortreding­s teen sy naam het nie. "Ek het 'n skoon rekord en sal op 20 Julie reeds 40 jaar in diens wees van die munisipali­teit as bode en skoonmaker." Hy

en sy lewensmaat, Sanna het vier kinders, naamlik Lucrecia (30), Christiaan (28), Riaan (24) en Clint (15).

"My leuse in die lewe is - 'die een hand was die ander' en ek sien raak as mense vir my goed is, dan wil ek altyd iets vir hulle doen." By die huis geniet hy dit om dinge te doen. Hy speel graag met sy honde en is lief vir lees. Hy vertel dat hy grootgewor­d het op Wegwysersr­ivier, distrik Riversdal, maar dat sy ouers besluit het om te verhuis na Riversdal sodat hul kinders nader aan die skole is. Hy onthou nog goed hoe hy skool geniet en so aandagtig as moontlik probeer luister het as die onderwyser­s iets verduideli­k het. So kon hy dan sy maats bystaan as hulle dalk iets wou weet en hy kon hulle dan help. Atletiek was 'n hoogtepunt en het hy die byeenkomst­e geniet.

Dit maak hom kwaad as jong kinders nie respek het vir mense nie en mense wat verkeerde dinge doen. Hy geniet 'n goeie grappie op sy tyd. "Ek en my medekolleg­as by die munisipali­teit kom goed oor die weg."

Op sy emmerskopl­ysie is sy wens om af te tree met die skoon rekord wat hy nou reeds so lank het, om sy laaste kind op skool te sien sy opleiding voltooi, 'n goeie finansiële buffer vir sy gesin opbou, sy eie huis te kry en sy goeie vriendskap­pe te behou.

 ?? Foto: Elize Blom. ?? Japie Moolman.
Foto: Elize Blom. Japie Moolman.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa