Suid-Kaap FORUM

Harmse-saak reflekteer nog nie op hofrol nie

-

MOSSELBAAI In ‘n nadraai in die beweerde saak teen ‘n beskuldige in die Chris Harmse (61) saak is Suid-Kaap Forum ingelig dat die betrokke klag nog nie op die hofrol reflekteer nie.

Volgens die beskuldigd­e se prokureur, Christi Olivier het hulle mediasie voorgestel, aangesien Harmse aan natuurlike oorsake gesterf het en nie weens die bakleiery tussen sy kliënt en Harmse nie. Sy kliënt het na bewering vir Harmse tydens ‘n woordewiss­eling oor die onderhoud van ‘n watersloot op die plaas Peperduurf­ontein in die Kruisrivie­r-omgewing aangerand.

Volgens Olivier het die staat besluit daar is nie meriete om sy kliënt aan te kla nie, maar het die oorledene se familie ‘n vertoë gerig waarom vervolging wel moet plaasvind. “Ek het kennis ontvang dat my kliënt vir Strafbare Mansslag aangekla word, maar kon die staat nie skriftelik bevestig waar ek of hy moet verskyn nie. Ek kon ten spyte van telefoonop­roepe en korrespond­ensie ook nie die tyd van die hofverskyn­ing bevestig nie. Pieter Dempsey (Beheerstaa­tsaanklaer: Mosselbaai) het op 5 Julie nie geweet van die saak nie en het dit nie op die hofrol in enige van die howe gerefklekt­eer nie.” Volgens hom is daar ook steeds ‘n Babelse verwarring waar die saak aangehoor moet word, indien wel. “Indien ‘n misdryf op Kruisrivie­r gepleeg was hoort so ‘n saak in die Riversdal Landdrosho­f. Waarom dan Mosselbaai, tensy die hospitaal of mediese personeel strafregte­lik vervolg gaan word vir sy dood.” Daar is heelwat onbeantwoo­rde vrae in die saak, aldus Olivier. Teen saktyd het die prokureur vir die Harmse-familie nie op ‘n media navraag gereageer nie.

 ??  ?? Wyle Chris Harmse.
Wyle Chris Harmse.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa