Suid-Kaap FORUM

Honde verskeur kleinboer se skape

-

MELKHOUTFO­NTEIN Twee rondloper honde het nege skape van ‘n kleinboer verskeur.

Dit het volgens inligting van die skutmeeste­r, Herman Conradie vermoedeli­k Maandagaan­d 17 Julie gebeur. Van die skape het nog lammetjies en die verlies beloop duisende rand.

Die twee honde, waarvan een moontlik ‘n pittbul is, is Dinsdagmid­dag 18 Julie geskut.

Dieselfde kleinboer het verlede jaar 15 skape op dié manier verloor.

Inwoners word gemaan om toe te sien dat hul honde nie rondloop nie.

Indien iemand die honde herken of weet aan wie hul behoort kan Hessequa

Munisipali­teit geskakel word by 028

713 8000.

• Besoek www. suidkaapfo­rum.com vir ‘n fotogalery.

 ??  ?? Nog tekens van die aanval op skape.
Nog tekens van die aanval op skape.
 ??  ?? Een van die nege skape wat verskeur is. Foto’s: Verskaf.
Een van die nege skape wat verskeur is. Foto’s: Verskaf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa