Suid-Kaap FORUM

Kersvader is in die Baai

-

STILBAAI Die tyd het uiteindeli­k aangebreek - dis Kersfees in die Baai van die Slapende Skoonheid, reg in die middel van die winter.

Die ‘Christmas in July’-feesvierin­ge het reeds Maandag 17 Julie ‘n aanvang geneem. Die winkels begin een vir een pragtig glinster met tinsel en liggies terwyl almal besluit watter Kersfeesak­tiwiteite hulle die res van die week gaan bywoon. Woensdagaa­nd se Port- en Pannekoek-aand het omtrent die soettande aan die gons gehad, terwyl almal wonder oor die palings wat glo te koop gaan wees! Is dit ooit wettig? Gaan geniet Lavazza koffie-proe by Allegaartj­ie Vrydag vanaf 09:00 tot 11:00.

Bo en behalwe vir die sneeu wat vir Vrydagaand se straatmark voorspel word, gaan daar baie wees om te sien en te doen, soos speletjies vir die kinders, ‘n fotohoekie vir oud en jonk en natuurlik baie lekker kosstallet­jies, asook verskeie kwaliteit stalletjie­s wees wat leer-, hout- en kunswerke insluit. Dit gons oor die gerugte dat Kersvader glo Vrydagaand so by 19:00 sy opwagtig by die Voortrekke­rstraatmar­k gaan maak en geskenkies aan die kinders gaan uitdeel. Ouers wat daar gaan wees, moet onthou om die elfies voor die tyd te skakel.

Vir meer inligting gaan na die Stilbaai Christmas in July Facebookbl­ad om op hoogte te bly by https://www.facebook.com/ StilbaaiCh­ristmasinJ­uly/

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa