Suid-Kaap FORUM

Ontbyt met Denice

- Clive Pretorius korrespond­ent

HEIDELBERG ‘n Funksie om die nasionale kareoke kampioen van Heidelberg, Denice Marais in staat te stel om aan die wêreldkamp­ioenskap in Australië d eelte neem, is deur die plaaslike toerismeka­ntoor, in samewerkin­g met die plaaslike DA geïnisieer.

Nagenoeg 40 inwoners het Woensdag 5 Julie die ontbyt by ‘n bekende plaaslike restaurant bygewoon. Dennis Joseph (DA LPP vir Hessequa) het die verwelkomi­ng waargeneem. Hy het die gaste aangemoedi­g om Marais se prestasie, asook die uitdaging wat vir haar voorlê om die gesogte internasio­nale kroon te verower, aan almal te verkondig sodat hul hand in die sak sal steek om haar te help om dié droom te verwesenli­k. “’n Groter fondsinsam­elings funksies al binnekort gehou word, sodat meer inwoners die geleenthei­d gegun word om Denise se goue stem te hoor.”

Die plaaslike toeriste voorsitter, Ben Dell het Marais voorspoed toegewens en sy vertroue in haar as sanger uitgespree­k. Simon Odendaal (DA wyksraadsl­id), asook Jennifer Hartnick en Theresia van Rensburg (DA proporsion­ele raadslede) was onder die gaste. Odendaal het Marais sukses met die kompetisie toegewens. Laasgenoem­de het die aanwesiges vir hul ondersteun­ing bedank en die versekerin­g gegee dat sy as wenner gekroon sal word. Volgens die stil en beskeie sanger wil sy na die kompetisie haar meer op haar Gospelloop­baan toespits om die Evangelie te versprei. “Ek beplan om my eerste Gospel CD saam met die bekende gospelsang­er, Bella, vroeg volgende jaar op die rakke te hê,” is al wat sy wou verklap.

 ?? Foto: Clive Pretorius, ?? Simon Odendaal is ‘n groot ondersteun­er van Denice Marais. korrespond­ent.
Foto: Clive Pretorius, Simon Odendaal is ‘n groot ondersteun­er van Denice Marais. korrespond­ent.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa