Suid-Kaap FORUM

Skenk wol vir viervoetig­e kinders vir kombersies

-

HESSEQUA Die hulp van die gemeenskap word gevra om oortollige wol wat hulle het, te skenk.

Volgens Elmarie Theron maak haar vriendin, Hannelie en haar ma kombersies vir diere instansies en word elke stukkie wol gebruik. “As dit te klein is om mee te hekel, brei of loom, dan word dit gebruik om blokkies aanmekaar vas te werk. Jy kan selfs ou wol items soos truie en serpe wat hulle kan lostrek om die wol te kan gebruik, skenk.”

Persone is welkom om te help om die blokkies te brei, hekel of loom. Blokkies van 20cm x 20cm (of A5 grootte) kan geskenk word. Volgens haar kan die persone enige wol en hul eie patroon gebruik om die blokkies te voltooi.

* Die wol items wat duidelik gemerk is met ‘Hanri Diere Kombersie Projek’ kan na die volgende afsetpunte geneem word:

Riversdal: Riversdal Diereklini­ek, kontakpers­oon Paulina of Rachel by 028 713 1123; Stilbaai: Stilbaai Diereklini­ek, kontakpers­oon Leonie by 028 754 3838; Swellendam: Leeuberg Diereklini­ek, kontakpers­oon Sonya by 028 514 1643; Ladismith: Diereklini­ek, kontakpers­oon Paulina of Rachel by 028 713 1123 en Albertinia: WhatsApp na Hannelie by 073 543 8778 of e-pos aan hanri.diere.projekte@gmail.com.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa