Suid-Kaap FORUM

Ons kyk terug op kwartaal twee

- (Guillaume Oberholzer - finansiële adviseur).

In ‘n vorige skrywe was daar nog twyfel oor die Franse verkiesing en Amerika en NoordKorea se dreigement­e teenoor mekaar. Die Franse verkiesing het goed uitgedraai vir Europa, met Duitsland wat sekerlik ’n groot sug van verligting gegee het omdat ’n AntiEurope­se Unie kandidaat nie geseëvier het nie. Amerika en Noord-Korea se dreigement­e het bedaar, maar Kim Jong-un se honger na lang afstand wapens het nie. Nog dreigement­e in die toekoms word verwag.

In Suid-Afrika is die gewone voor verkiesing (ANC president) moddergooi­ery aan die gang. Ongewone en onverantwo­ordelike uitsprake word gemaak deur politieke leiers wat onstabilit­eit en onsekerhei­d by plaaslike en internasio­nale beleggers kweek. Dit is tot nadeel van elke landsburge­r en die doel is om die aandag van ons regering se onderprest­asie af te haal.

Kyk deur die politieker­y en jy sien ’n land wat offisiëel sedert 6 Junie ’n resessie beleef. Dit het egter lankal begin en het goed wortelgesk­iet in die fondament van ons ekonomie. Die waarskuwin­gs was daar en sakelui het dit uitgewys. Die regering het niks gedoen nie en die gevolg is dat meeste Suid-Afrikaanse maatskappy­e in die buiteland uitgebrei het, eerder as om in ons land te investeer. Die fokus op buitelands­e investerin­g is die laaste drie jaar op meeste maatskappy­e se agenda en het tot lae indiensnam­e in Suid-Afrika gelei. Gevolglik is ons werklooshe­idsyfer hemelhoog.

Die aandelebeu­rs het vir die drie jaar tot 30 Junie slegs 3,07% per jaar, dividende ingesluit, opgelewer. Inflasie vir dieselfde tydperk was 5,5% per jaar en die Rand het gemiddeld 7% per jaar verswak teenoor die Amerikaans­e Dollar.

In dieselfde tydperk het genoteerde eiendom 13,07% per jaar opgelewer, geldmarkte gemiddeld 6,54% en Inkomstefo­ndse tot soveel as 9,34% per jaar. Die voordeel van ’n gediversif­iseerde portefeulj­e is duidelik sigbaar in hierdie syfers.

Boshoff Visser Konsult se oorgewig posisie in genoteerde eiendom die afgelope jare was tot voordeel van ons kliënte. Meeste van ons portefeulj­esamestell­ings het die afgelope drie jaar ’n blootstell­ing aan Inkomstefo­ndse van meer as 20% geniet wat kliënte se gemiddelde opbrengste ondersteun het.

Die grootste voordeel van eiendom- en inkomstefo­ndse is die feit dat hulle kwartaalli­ks inkomste (huurinkoms­te en rente) uitbetaal.

Dit maak herbeleggi­ng moontlik wat tot gevolg het dat ’n kliënt se hoeveelhei­d eiendom- of inkomstefo­nds eenhede vermeerder, wat die eintlike bate vir ’n kliënt is en is die hoeveelhei­d daarvan die bate wat beskerm en gegroei moet word in tye wat kapitaalgr­oei skaars is. Indien ’n kliënt inkomste uit ’n belegging trek, ondersteun inkomste uitkerings die uitbetalin­gs en verhoed dit dat die fonds eenhede verminder.

Dit is nie nou die tyd om emosioneel te raak oor beleggings nie. Blootstell­ing aan die regte bateklasse kan steeds ’n opbrengs wat hoër is as inflasie lewer. Boshoff Visser Konsultkli­ënte het steeds blootstell­ing aan aandele (plaaslik en internasio­naal), aangesien daar steeds goed bestuurde besighede is wat winste vir aandeelhou­ers maak.

Wat lê voor... Nog politieke moddergooi­ery, gevolg deur ekonomiese onsekerhei­d. Dit behoort aan te hou tot ten minste die ANCkonfere­nsie in Desember waar die nuwe party president verkies word. Maak dus reg vir ’n wisselvall­igeaandele­beurs en wisselkoer­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa