Meer inligting oor Kansa
HESSEQUA Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker.
As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing (meer as R12miljoen word jaarliks spandeer) word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur hul navorsing opgedoen word, gebruik vir gesondheidsprogramme en om hul rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Hul gesondheidsprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, Kansa Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom.
Hul verskaf pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 11 Kansa Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-diehuis kankerpasiënte plus een hospitium in Polokwane, sowel as Kansa-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.
Lees meer oor hoe Kansa die stryd teen kanker in jou gemeenskap beveg: Besoek www.cansa.org.za of kontak KANSA tolvry 0800 22 66 22 of stuur ‘n epos aan: info@ cansa.org.za. Volg Kansa op Twitter, Facebook, Instagram, YouTube en Pinterest.