Suid-Kaap FORUM

Blouvlag Stewards spring in rivier vir hul deel

-

RIVERSDAL Die Wessa Toerisme Blouvlag Beach Stewards van Hessequa Munisipali­teit het hul deel vir Mandela Dag gedoen deur die rivier in Vetterivie­rrylaan op Dinsdag 18 Julie skoon te maak.

Volgens Annalene Bernardus het hul besluit om die rivier skoon te maak, aangesien baie van die vullis by hulle op die Blouvlagst­rand uitspoel. Hul het 70 swartsakke en knypers vanaf Werner Manho van die munisipali­teit ontvang om hul by te staan om die skoonmaak te vergemakli­k.

Tydens Suid-Kaap Forum se besoek was redelik baie sakke al vol en die groepie was geesdrifti­g om nie op te gee voor al die sakke vol is nie.

 ??  ?? Die rivierloop het sommer gou beter daarna uitgesien nadat die Blouvlag Stewards daar ingevaar het.
Die rivierloop het sommer gou beter daarna uitgesien nadat die Blouvlag Stewards daar ingevaar het.
 ??  ?? Goed toegerus teen die koue van die rivier is die twee druk besig om hul deel te doen.
Goed toegerus teen die koue van die rivier is die twee druk besig om hul deel te doen.
 ??  ?? Die groep Blouvlag Stewards wat die rivier help opruim het. Foto’s: Elize Blom.
Die groep Blouvlag Stewards wat die rivier help opruim het. Foto’s: Elize Blom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa