Suid-Kaap FORUM

Egpaar maak geskiedeni­s

- (Keith Eksteen, korrespond­ent).

RIVERSDAL Geskiedeni­s is op 1 Julie vanjaar gemaak toe ‘n egpaar in die saal van die ‘Order of Free Gardeners’ in die huwelik bevestig is.

Reagan Arries en Maria Adonis is deur apostel Ben Keiser, plaaslike leraar van die Ware Evangelies­e Verspreide­rs Kerk in dié historiese saal in die eg verbind. Die geboue was nooit vir die publiek toeganklik nie, slegs aan mede-broers wat aan die orde behoort. Dit is in 1945 deur Andries, ook bekend as oom Ouboet Jantjies, gebou. Die losie staan bekend as Garcia losie nr 16.

Tans gebruik Keiser die saal vir Godsdiens. Die skrifgedee­lte wat aan die egpaar voorgehou was, is uit Fillipense 14: “Wat God saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.

 ??  ?? Van links is Maria Adonis, apostel Ben Keiser en Reagan Arries. Foto verskaf.
Van links is Maria Adonis, apostel Ben Keiser en Reagan Arries. Foto verskaf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa