Suid-Kaap FORUM

Suid-Kaap FORUM

-

• Onderstaan­de kommentare is nie taalkundig versorg nie, slegs krutaal en rassisties­e opmerkings is verwyder. Van die kommentare is wel verkort of weggelaat as gevolg van gebrek aan spasie - Redaksie.

VRAAG VAN DIE WEEK - Dink jy die doodstraf moet weer in Suid-Afrika ingestel word?

Ian Luke Conradie: Defnitief, op die manier sal ons land se misdaad syfer daal, en ons mense sal te bang wees om misdaad te pleeg, so alml wat moord doen, verkrag woman abuse moet alml gehang word.

Johannet Tommy Strydom: Ja want waar ini wereld kry jy wifi en tvs ini tronk en die feit dat moordenaar­s en verkragtes net 6jaar sit en uit kom op goeie gedrag en dan n week later is hule weer trug ini tronk maak nie vir my sin nie so ek stem volkome saam die doodstraf moet trug kom dan sal ons misdaad ook minder wees.

Ilze Eybers: Nee..Ek dink nie Ons Regstelsel sal Regverdig te werk gaan nie.

Rex Bester: In ‘n kits media “referendum” verlede jaar, is dit onomwonde bevestig, bring die doodstraf terug. Ons is egter in die posisie dat die reg op lewe in ons grondwet vervat is. Dit is absoluut en die konstitusi­onele hof het beslis dat die doodstraf indruis teen menseregte en daarom mag ons howe nie die doodstaf oplê nie. Al ons argumente wat aangevoer word, sal nie die doodstraf terugbring of regverdig nie. Die vyf toplande wat die doodstraf nog toepas, is China, Iran, Irak, Pakistan en Saoedi-Arabië. In Suidelike Afrika handhaaf Botswana, Zimbabwe, Malawi en Zambië nog die doodstraf. China bly steeds die wêreld se grootste teregstell­er (in 2015 met ongeveer 1 634 teregstell­ings, teenoor 1 032 in 2014).

Chris Taute: Verseker “NEE” !!! Interesant hoe almal die mense wie hulself Christene noem, hier almal “ja” sê om ‘n ander mens se lewe te neem. My Christelik­e opvoeding wat ek ontvang het, het in my geplant dat slegs God daardie reg het om ‘n ander se lewe te neem. Snaaks dat daar nou die dag baie min mense die doodstraf gevra het vir die seun van Vermaklikh­eid wie sy ma vermoor het tydens die artikel op facebook daaroor. Ek wonder hoekom alhoewel ek my afleiding klaar gemaak het daaroor. Die Doodstraf gaan en sal geen misdadiger keer om misdaad te pleeg nie. Opvoeding van ons nasie en volk begin in ons huise en daar moet ons ons kinders reg opvoed. Ongelukkig sit ons met ‘n geskiedeni­s wat veroorsaak het dat die oorgrote meerderhei­d inwoners arm is en vind daardie opvoeding noodgedwon­ge nie altyd plaas nie. Daardeur sê ek natuurlik nie dat armoede alleen ‘n katalisato­r vir misdaad is nie.

Stephani Erasmus: Dit sal als afhang of regverdige oordele gevel word. Wat gemaak as daar n persoon valslik beskuldig word en skuldig bevind word aan n misdaad, en dan die doodstraf opgele word. Sal dit regverdig wees. Elke persoon het n reg om te lewe, maak nie saak hoe n groot krimineel hy/ sy is nie. Dit is nie vir ons om te besluit op iemand se lewe nie. Glo dis hoekom dit in die eerste plek weggevat is. ‘n Mens noem dit menseregte.

Nadia Erlank: Ja asb... tronke word vol dan word di misdadiger­s vrygelaat ! Let wel ! Indien hul doodstraf terug bring moet hul dus dt regverdig hanteer en ni van dt n rasse ding maak ni... dis my eerlike opinie..

Chenell Claassen: Indeed it should .. There is ABSOLUTELY NO DOUBT about that fact BUT then it must be brought forward and it must stand by the word DOODSTRAF .. DON’T BULLSHIT the world

Elize Garlick: Ja absoluut die land sal moet gereinig word van die siek en bose......ek stem vir doodstraf rn lyfstraf vir minderjari­ge oortreders!!!!

Antoinette Labuschagn­e: Ja. Toe doodstraf daar was .was daar minder moorde . Dis n feit.

Louis Reynders: Absoluut... In SA gaan jy tronk toe as ‘n moordenaar en kom uit ‘n prokureur????

Vermith Kleinbooi: Nooit as jy n opregte Christen is en glo in wat God ons leer in Sy woord, sal jy nooit met dit saamstem nie.

Emily Saayman Ek sal se ja as dit eegverdig is ja mr aan die anderkant dink aan die mens moontlik onskuldig daar gaan hangjy kan n saak terug trek maar nie as hy gehang is nie

Nita Wessels: Yes. If you commit a crime which infringes on anothers human right to life, you should lose your ‘right to live’.

Fourie Willie En Mariana: Dit is nie n kwessie of dit moet of nie, God het met Sy verbond met Noag die doodstraf ingestel. Dit moet so wees.

Rosemarie Liebetrau: Doodstraf word daagliks toegepas op onskuldige mense dit moet net gewettig word vir die skuldiges.

• Uit die meer as 100 kommentare tot op Maandag 17 Julie het die meerderhei­d vir doodstraf gestem. Ons kan ongelukkig nie alles plaas nie weens gebrek aan spasie Redaksie.

Dreigbrief oor honde ontstel

Stephani Erasmus: Party troeteldie­reienaars het geen respek vir die mense wat om hulle bly nie. Honde blaf tot vroeë oggendure vir niks. Ek sê nie dit moet oorgaan tot n dreigbrief nie; sulke sake kan uitgepraat word soos volwassene­s. So dit is baie “kinderlik” om so n dreigbrief te skryf. Maar n storie het twee kante. Die persoon het dit dalk nie reg hanteer nie, maar daar is dalk n rede waarom hy/sy die nood gehad het om so n brief te skryf. Ek sê nie die dame se honde is n probleem nie, maar ek praat uit ervaring, waar bure se honde, reg rondom my huis, aanhoudend blaf vir geen rede en hulle word nie stilgemaak nie.

Wessel de Bruyn: Ek het n buurman gehaat wat se hond nag en dag geblaf het. Toe ek hom gaan sien daaroor, toe se hy “ek moenie my probleem sy probleem maak nie”. Die polisie se toe ek moet elke slag as die hond blaf dit neerskryf en data op bou vir die hof. Die hond blaf heeldag en heelnag. So ek kan ook die kant van die brief verstaan. Onthou jou hond is nie so oulik vir ander mense soos hy vir jou is nie. En dan kry mens ook honde wat elke slag net blaf as sy baas nie by die huis is nie, maar die buurman is dalk by die huis so dit pla hom.

Reinier Oosthuizen: Eks ekstreem lief vir honde maar n aanhoudend­e geblaf is onaanvaarb­aar. Daar is omstandigh­ede waar mense op vakansie is of in die hospital is maar As jy goeie verhouding het met joú buurman kan dit ook hanteer word op n mooi manier.

Ina Swart: Vandag is jou honde die enigste wat jy kan vertrou Mense war nie honde en ander diere Se geluide kan handle nie lister n slag na die mense Se lawaai as hulle kuier of vakansie hou dan praat ek nie eers van kinders Se skree en lawaai nie nee man honde het ook n natuur Ek dink die klomp moun gate moet in pak en trek.

Nicolene Nicky Botes: Dit is om van kwaad te word. Hoekom gee hul nie redes en gaan face die vrou persoonlik nie.

Joey Huysamen: Die brief lyk of n kind dit geskryf het, maar ek lees net daarin, dat die persoon seker te veel honde het en dis hoekom hy /sy se dat hul n boete kan kry. Maar ja wees man/vrou genoeg om na die mense te gaan.

Elsie Roos: Gaan net ook iets sê, ons het n las met n Kat, niks kan oop wees klim in die nag by die vensters in, verskeur alles in die kombuis, swart sakke in die erf, hoekom hou mense diere aan om n oorlas vir ander te wees, gee hulle ordentlik kos, my Hond blad ook maar nie onnodig en dit is maar hulle natuur

Kinnie Diedericks: Bly naby waar die brief afgelewer is en as die honde blaf kan jy maar gaan kyk daar is iets wat hulle pla, of daar loop mense of daar is n kat of die posman, vragmotor wat vuilis kom haal. Waarvoor het mens honde as hulle jou nie mag waarsku nie. Het self nie honde nie maar dit pla my geensins.

Wilma Booysen: Ja eienaars moet hul honde beheer - dit sluit hul dissipline en blaf in ook. As jou hond blaf is daar iets wat hom pla. Gaan kyk! Hopenlik is honde snoesig warm in die huidige koue!

Amanda Fest-Visser: dis sagkens gestel! mense moet hulle honde nie tot ander mense se ergernis aanhou nie!

Reinier Oosthuizen: My buurman se hond het my ook so wakker geblaf toe koop ek die hond by hom nou blaf my hond hom wakker.

Emily Saayman: Ek het nie honde maar jiso wie kan dsn nou n hond se bek toe hou ad hy wil blaf gaan jy blaf.

Sandra Williams Lotz: Dis jammer dat volwasse mense nie ook so kan optree nie. Ons het almal honde maar weet nie wat hul doen as ons nie daar is nie. Praat met mekaar en probeer saam aan ‘n oplossing werk.

Heleen Ahrens: Ek sien absoluut niks verkeerd met die briefie nie. Self eienaar van 4 honde - sorg dat jou honde nie ‘n las is vir ander nie!

Yvonne Nell: Wat ‘n lafaard. Sies man waarom gaan sien jy ni die eienaar/eienares ni. Mense soos jy maak my siek.

Philip Claassens: Sien geensins enige verkeerd nie . Moet net die dier skade doen nie maar looi die eienaar.

Ellen Minnie: Hoekom ‘n kind opsteek om die brief te skryf!

Ina Wessels: Dis jou erf laat jou honde in jou erf doen net wat hulle wil. En laat die res gaan doppies blaas.

Johan Kuhn: hoeveel honde mag mens in die dorp aanhou? mag mens meer as 2 honde aanhou? (Vir meer as twee moet spesiale toestemmin­g verkry word Redaksie).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa