Suid-Kaap FORUM

Heidelberg tornado tref Black Birds met mag en krag

-

HEIDELBERG Albei spanne van Heidelberg Rugbyklub het Saterdag 15 Julie op hul tuisveld soos ’n tornado hul opponente van Vanwyksdor­p met begeesterd­e vertonings platgevee.

In die eerste wedstryd tussen die tweede spanne het die tuisspan verspot maklik met 61-12 gewen nadat hulle met rustyd 32-0 voor was.

Die eerste span het egter net-net daarin misluk om hul besoekers met ‘n 100-tal loesing huis toe te stuur en het hul wedstryd op ’n drafstap met 92-3 gewen. Die rustydtell­ing in die SWDRU Presidents­liga (Langebergs­treek) wedstryd was 34-3.

Black Birds het die tuisspan egter groot skrik op die lyf gejaag toe hulle die eerste punte met ’n strafskop deur Hyron Lewak (senter) in die vierde minuut van die wedstryd aangeteken het. Dit het die plaaslike span aangespoor om die krane behoorlik oop te draai en ses van hul 16 drieë word in die eerste helfte aangeteken, met twee doelskoppe.

Die bietjie hoop wat Black Birds dalk nog gehad het om die ligavoorlo­pers in die tweede helfte in toom te hou, het gou vervaag en het die tuisspan nog 10 drieë aangeteken, waarvan hulle net vier kon verdoel. Hoewel die besoekers nooit handdoek ingegooi het nie, was dit duidelik dat Heidelberg van die afskop vasberade was om die wedstryd oortuigend te wen.

Hulle het met dié vertoning ’n duidelike boodskap aan die ander topspanne in die Karoo en kusstreke uitgestuur dat hulle moeilik in die uitspeelwe­dstryde geklop sal word.

In die wedstryd tussen die tweede spanne het Heidelberg 11 drieë teenoor twee aangeteken.

Puntemaker­s Heidelberg eerste span: Drieë - Fernoldt Buis (x3; senter) en Francois Pieterse (x3; linkervleu­el), Andries Manho (x2; senter), Lyndon Hartnick (x2; nr 8), Marcelino Manho (x2; plaasverva­nger stut), Chris Michaels (haker), Jason Liebenberg (losskakel), Corbin Swartbooi (heelagter) en Gershom van Rooyen (regtervleu­el). Van Rooyen is tans die voorste driedrukke­r met 13 drieë op sy kerfstok vir die seisoen. Doelskoppe - Swartbooi (x6).

Heidelberg tweede span: Drieë - Carlo Williams (3x; linkervleu­el), Bronwille Adams (2x; regtervleu­el), Martinique Riddles (2x; losskakel), Roderick Februarie (heelagter), Thomlin Meyers (flank), Reagan Geldenhuys (slot) en Laughton Peterzen (haker). Doelskoppe - Adams (x3).

Black Birds: Drieë - Wilrian Joost (linkervleu­el) en Heino Opperman (losskakel). Doelskop - Opperman.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa