Suid-Kaap FORUM

Rangers ryg die drieë en punte in

- (Heinrich Fortuin, korrespond­ent).

ALBERTINIA Rangers het Saterdag

15 Julie voor ‘n volgepakte stadion hul besoekers van Riversdal met 50-15 en agt drieë kafgedraf, waarmee hul ‘n bonuspunt verdien.

Riversdal se kanse om die wedstryd te wen, was van die afskop af skraal. Slegs na 19 minute in die eerste helfte het die telbord na 20 in Rangers se guns opgeskuif. Spelers wat uitgesonde­r kan word, is Jerome Esau (heelagter), Jonathan Mathiso (losskakel) en Wilfred de Koker (kaptein) wat gesorg het dat die besoekers nie maklik die doellyn oorsteek nie.

Die B-span het ook gewys wat in hulle steek en 10 drieë met gemak gedruk - met ‘n bonuspunt in die sakkie.

Puntemaker­s

Rangers A-span: Drieë - Jerome Esau (x2), Cenerol Kiewiet, Jonathan Mathiso, Ifraim Claasen, Logan Nomdo (x2) en Keanan Tarentaal. Doelskoppe - Jonathan Mathiso (x5).

Rangers B-span: Drieë - Graig Solomons (x4; vleuel), Wimpie Kolher (x2), Eagon Paulsen, Quinton September, Christo Jantjies en Envor Erasmus. Doel- en strafskopp­e - Adri Buis (21 punte).

Heidelberg

Uitslae teen spertyd nie bekend nie.

Riversdal

Sundowner (Vrydag 14 Julie): Die weeklikse kompetisie is deur Willie Prins met 22 punte gewen, gevolg deur Byron Goliath met 19 en vyf spelers met 18 punte elk: Gerhard Pienaar, Jaco Swanepoel, Poen Vermaak, Albertus Swart en JC Swart.

Bonus Plus kompetisie (Saterdag 14 Julie): Gewen deur Mark Stander met ‘n baie goeie +7, gevolg deur Berto van Dyk met +4, SP Vermaak met +3 en Kobus Louwrens en Albertus Swart met +2 elk.

Kennis geskied hiermee van ‘n spesiale Algemene Jaarvergad­ering op Dinsdag 15 Augustus om 18:30 om voorgestel­de veranderin­ge aan die baan te bespreek, deur die wenslikhei­d al dan nie van die plasing van nuwe sandkuile op die baan te oorweeg. Alle lede word uitgenooi om dit by te woon sodat ingeligte besluite geneem kan word deur almal

 ?? Foto: Heinrich Fortuin, korrespond­ent. ?? Jerome Esau is verantwoor­delik vir 10 van sy span se 50 punte. Hier duik hy oor vir sy eerste drie.
Foto: Heinrich Fortuin, korrespond­ent. Jerome Esau is verantwoor­delik vir 10 van sy span se 50 punte. Hier duik hy oor vir sy eerste drie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa