Suid-Kaap FORUM

Sportlegen­des in die Eden-distrik word gesoek

-

EDEN-DISTRIK Sportlegen­des wat oor jare ‘n wesenlike verskil in sport en hul gemeenskap gemaak het, word jaarliks deur die Departemen­t van Kultuursak­e & Sport, in samewerkin­g met die distrikspo­rtrade vereer.

Die groot uitdaging lê daarin dat besture van sportfeder­asies baie verjong het en dat baie van die legendes nie aan hulle bekend is nie. Om daardie rede wil Eden Sportraad die publiek se hulp inroep om hierdie legendes op te spoor.

Wie kwalifisee­r as ‘n legende?

• Persone wat ‘n meetbare bydrae tot sport gemaak het.

• Persone wat as ikone in hul gemeenskap­pe beskou word.

• Persone wat sonder om terug te hou, hulle alles vir sport gegee het.

• Persone wat ‘n beduidende rol gespeel het om sport voor 1992 rigting te gee.

• ‘n Leeftyd van diens aan sy/haar sportkode in die algemeen gegee het.

• ‘n Genomineer­de moet ouer as 55 wees en verkieslik afgetree, behalwe in uitstaande gevalle waar omstandigh­ede vanself spreek.

• Eenkeer ‘n legende, altyd ‘n legende legendes kan dus net eenkeer vereer word.

Alle sportsoort­e, asook die onderwysbe­roep kan vanjaar genomineer word. Die sluitingsd­atum is 18 Augustus en alle nominasies moet deur die betrokke sportfeder­asies ondersteun word. Die publiek kan voorstelle aan die Eden Sportraad maak, wat oorweeg sal word.

Die volgende inligting word benodig Sportkode, naam en van, ouderdom, woonadres, telefoon- of selnommer, eposadres, asook ‘n kort beskrywing van die persoon se prestasies en betrokkenh­eid.

Stuur dit aan sportcounc­il.eden@gmail. com. Nominasiev­orms kan ook van EDENSR sportcounc­il.eden@gmail.com aangevra word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa