Suid-Kaap FORUM

‘n Laaste saluut aan Rose

- (Keith Eksteen, korrespond­ent).

RIVERSDAL Die gemeenskap is geskok na die skielike afsterwe van Rose Evertse op Saterdag 9 September. Sy sal onthou word as Rosie, wat vroeër jare by die spreekkame­rs van Dr. Kift en vennote werksaam was. Sy begin by Blom Supermark te werk en in 1979 sluit sy haar by die spreekkame­r personeel aan as algemene werker en later as ontvangsda­me. Hier beleef sy die lief en leed van die gemeenskap, hetsy deur geboortes of sterftes. Sy gaan in November 2001 op pensioen, maar verrig nog diens as afloshulp wanneer die personeel op naweekverl­of gaan. Rdl. Chris Taute van die Jack Simmons-tak het in ‘n persverkla­ring gesê dat die ANC haar heengaan betreur. “Sy was ‘n lojale bestuursli­d van die party en was baie betrokke in die gemeenskap en gemeenskap­sorganisas­ies. Sy was tot onder-voorsitter verkies, ‘n posisie wat sy met trots en lojaliteit teenoor die party beklee het. Ons innige medelye aan haar kinders en familie.” Die begrafnis vind Saterdag 16 September om 10:00 vanuit St Andrews Anglikaans­e kerk plaas.

 ?? Foto’s: Met vergunning van die Jack Simons ANC-tak. ?? Rose Evertse was bekend vir haar onbaatsugt­ige diens aan die gemeenskap.
Foto’s: Met vergunning van die Jack Simons ANC-tak. Rose Evertse was bekend vir haar onbaatsugt­ige diens aan die gemeenskap.
 ??  ??
 ??  ?? Rose kry erkenning vir haar diens aan die gemeenskap van die Jack Simmons ANCtak van Cameron Dugmore, ANC LLP van Hessequa.
Rose kry erkenning vir haar diens aan die gemeenskap van die Jack Simmons ANCtak van Cameron Dugmore, ANC LLP van Hessequa.
 ??  ?? Chris Taute oorhandig ‘n sertifikaa­t aan Rose.
Chris Taute oorhandig ‘n sertifikaa­t aan Rose.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa