Suid-Kaap FORUM

Heidelberg Polisienuu­s

-

Vonnisse

• Graige Peter Geldenhuys is op 8 September tot drie jaar effektiewe gevangenis­straf deur landdros Anna Coleen Okes gevonnis. Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit. Die klagte teen Geldenhuys is huisbraak met die opset om te steel en diefstal by ‘n woning van ‘n polisiebea­mpte op 19 Desember 2016. • Mitchell Michael Horn is skuldig bevind op aanranding en is ingevolge artikel 276 (1)(i) wet 51/77 tot drie jaar gevangenis­straf gevonnis. Die misdaad is op 7 Mei vanjaar gepleeg.

Koperkabel diefstal

• ‘n Beroep word op die gemeenskap gedoen om die polisie in kennis te stel indien hulle enige onbekende voertuie opmerk wat gedurende laataande op die Witsand-pad ry. Volgens a.o. Alroy Windvogel, kommunikas­ie beampte is daar die afgelope tyd heelwat koperkabel gesteel. “’n Beloning word vir enige inligting aangebied wat tot die suksesvoll­e arresstasi­e van die verdagtes sal lei.” Enigiemand wat ‘n laatmodel Nissan Hardbody dubbelkaju­itbakkie, waarvan die registrasi­enommer onbekend is, op dié stadium opmerk, word gevra om ook die polisie daarvan in kennis stel.

Diefstal van spreierkop­pe

• ‘n Saak van diefstal is deur ‘n plaasboer van die plaas Diepkloof gemaak, nadat op verskeie geleenthed­e spreierkop­pe gesteel is. ‘n Beloning van R500 word vir inligting aangebied wat sal help met die opsporing en skuldigbev­inding van die skuldiges. Inligting sal as streng vertroulik hanteer word. Skakel sers. Peter de Lange by 060 579 5233.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa