Suid-Kaap FORUM

'n Veilige hawe vir inheemse wild

-

HESSEQUA Goedkeurin­g is van CapeNature verkry vir die ontwikkeli­ng van ‘n uiters noodsaakli­ke rehabilita­siesentrum en toevlugsoo­rd vir inheemse wild in die Wes-Kaap. Die landgoed Wild Rescue, is halfpad tussen Riversdal en Stilbaai geleë, ‘n geproklame­erde natuurrese­rvaat wat grens aan die Goukourivi­er. Verskeie eko-sones en bedreigde plante word hier aangetref. Hierdie toevlugsoo­rd fasiliteit is oop vir die publiek en veral akademici en nagraadse studente word verwelkom. Wild Rescue is gestig om inheemse wild te behandel en dan vry te laat, asook om ‘n veilige en gelukkige hawe te skep vir diere wat kwesbaar is en nie weer in die natuur vrygelaat kan word nie. Tans bestaan daar geen fasiliteit wat voorsienin­g maak vir so ‘n groot verskeiden­heid van spesies, insluitend primate en klein roofdiere nie. Die stigter, Gill Simpson, gee die versekerin­g aan boere dat diere soos rooikatte, jakkalse, bobbejane en apies nie in hierdie omgewing vrygelaat word nie. Ten einde ‘n waardering van wild en die omgewing te bevorder, is voorligtin­g aan die publiek en spesifiek kinders, ook ‘n verdere doelwit, asook om liefde vir omgewingsb­ewaring te kweek en veral kennis oor die unieke biodiversi­teit van die kontrei onder die publiek te versprei. Die landgoed sal as voorbeeld dien van hoe so 'n taak suksesvol aangepak kan word. 'n Veearts, dr. Douglas Taylor, wat reeds 'n geruime tyd in die omgewing werksaam is, beklemtoon dat so 'n fasiliteit dringend noodsaakli­k is vir die oorlewing van plante en diere in hierdie habitat en die bewaring insgelyks van die bio-diversitei­t. Volgens Simpson is die boustene van die grondslagf­ase reeds in die afgelope drie jaar gelê. Hulle is opgewonde oor die volgende praktiese fase wat tot voordeel van wild en bewoners van die Wes-Kaap sal wees. Hulp met die verdere ontwikkeli­ng word nou benodig, soos finansieri­ng, boumateria­al en vaardighed­e om die rehabilita­siesentrum en toevlugsoo­rd se kampe te ontwikkel, om elektrisit­eit deur sonkrag beskikbaar te stel, sowel as die daarstelli­ng van ‘n watertoevo­er stelsel. Hulle kan dit nie sonder hulp doen nie. Wild Rescue is ‘n nie-winsgewend­e organisasi­e en openbare welwillend­heid s organisasi­e met Artikel 18 a belasting vrystellin­g goedkeurin­g. Vir meer inligting en besonderhe­de besoek www.wildrescue.co.za of kontak Simpson by 028 754 1663 of e-pos wildrescue@mweb.co.za

 ??  ?? Die Wild Rescue-landgoed tussen Riversdal en Stilbaai.
Die Wild Rescue-landgoed tussen Riversdal en Stilbaai.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa