Suid-Kaap FORUM

Riversdal-krieket wen gesogte trofee

- Clive Pretorius korrespond­ent

HEIDELBERG Riversdal-krieketklu­b het Saterdag 11 November hul eerste ronde SWDK Promosie B-stroom ligawedstr­yd teen Heidelberg United naelskraap met sewe lopies gewen. Dié wedstryd was ook om die gesogte Leonard Hurling-wisseltrof­ee wat die besoekers suksesvol vir die vyfde keer sedert die aanvang verdedig het. Die besoekers se kaptein, Byron Esau, het die loot gewen en besluit om te kolf, maar dit het egter geboemeran­g toe United-kaptein, Danielo du Preez die ervare Granwin Scholtz vir ’n nulletjie met die vierde bal van die eerste beurt terug kleedkamer toe gestuur het. Du Preez het ook Scholtz se openingsve­nnoot, Jason van Rensburg, met die laaste bal van sy tweede beurt vir vier lopies uitgevang van sy eie boulwerk af met hul totaal op 11/2. Mervyn Prins en Esau het egter vasgeskop om ’n vennootska­p van 48 lopies op te stapel voor Prins met sy telling op 20 die veld moes verlaat as gevolg van hitte uitputting. Esau het op daardie stadium 28 lopies aangeteken. Met hul telling op 59/2 het Vernon Evertse (jr.) vir Prins vervang, maar is hy na sy tweede bal been voor paaltjie deur Wesley Bunding vir ’n nul betrap. Esau kon nog slegs ses lopies by sy telling byvoeg toe hy op 34 ook been voor paaltjie betrap is, dié keer deur Corbin Swartbooi. Prins het weer kom kolf met Riversdal se telling op 102/6 en het hy nog 10 lopies, nie uit nie by sy telling gevoeg. Net Marvin Kortjé met 14 en Pieter April met 15 het hulle in staat gestel om 128 lopies, almal uit na 28 beurte aan te teken. Verbroude vangkanse en swak veldwerk deur die tuisspan het bygedra dat Riversdal meer as 100 lopies kon opstapel. Swartbooi met 4/30 met twee leeg na sewe beurte, Du Preez met 3/21 na ses, Damian Schietekat met 2/12 na vier en Bunding met 1/29 na vier beurte het die paaltjies laat kantel. United moes 129 lopies in hul toegelate 50 beurte aanteken, maar het hul top kolwers hulle lelik in die steek gelaat. Die tuisspan het beide hul aanvangsko­lwers, Berthal September vir 10 en Pernell Conradie vir twee met die telling op 18 verloor. Daarna het hulle nog vier paaltjies vir net 37 lopies binne 10 beurte verloor. Met die twee Swartbooi-broers, Corbin en Shirgené voor die penne om die sewende paaltjie, het die tuisspan se hoop weer opgevlam toe hulle 51 lopies vanaf 41 balle aanteken. Corbin het 28 lopies aangeteken voor hy uitgevang is en kort daarna het Shirgené ook sy paaltjie verloor met sy telling op 39. Die laaste twee paaltjies het vir net nege lopies gekantel om die tuisspan op 121 lopies na 22.3 beurte kleedkamer toe te stuur. Slegs Du Preez met 17 lopies en Schietekat met 10, nie uit nie kon dubbel syfers aanteken. Vir Riversdal was Marvin Kortjé met 4/30 met twee leeg na sewe beurte hul suksesvols­te bouler. Paul Cupido met 3/20 met een leeg na vyf, Scholtz met 2/33 na 4.3 en Esau met 1/12 na drie beurte het die ander paaltjies laat kantel.

United moes 129 lopies in hul toegelate 50 beurte aanteken, maar het hul top kolwers hulle lelik in die steek gelaat.

 ?? Foto: Clive Pretorius, korrespond­ent ?? Riversdal het hul titel om die Leonard Hurling-trofee suksesvol verdedig toe hulle Heidelberg United naelskraap met sewe lopies wen.
Foto: Clive Pretorius, korrespond­ent Riversdal het hul titel om die Leonard Hurling-trofee suksesvol verdedig toe hulle Heidelberg United naelskraap met sewe lopies wen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa