Suid-Kaap FORUM

Veiligheid­swenke vir plase

-

RIVERSDAL Die plaaslike polisie het die volgende punte saamgestel om boere te help om hulle en hul gesin se veiligheid op plase te probeer verseker: • Sorg dat u ‘n werkbare gebeurlikh­eidsplan het oor wat om te doen, sou u ‘n slagoffer van ‘n plaasaanva­l word;

• Let op na u onmiddelli­ke omgewing, soos plantegroe­i of ander dinge wat skuiling aan aanvallers kan bied.

• Sorg vir voldoende omheinings en diefwering­s wat vertraging kan bewerkstel­lig.

• Beligting om die opstal, met die wenslike skynrigtin­g weg van die opstal af - sodoende bly u in die skaduwee.

• Skakel binneligte af en buite ligte, GKTV (geslotekri­ngkameras)of 'n noodalarm aan indien onraad vermoed word.

• Sluit by 'n WhatsApp-groep in u omgewing aan.

• Hou rekord van plaaswerke­rs en stukwerker­s.

• Raak vertroud met u buurman en sy erf. • Sorg vir goeie kommunikas­iemiddele soos selfone en radios.

• Word deel van landelike beveiligin­gstelsels en help om dit suksesvol te laat funksionee­r.

• Hou noodnommer­s byderhand.

• Ken jou vuurwapen en die wetlike aspekte.

• Maak die huis se gordyne toe voor donker.

• Handhaaf ‘n goeie werknemer/werkgewer verhouding.

• Stel jou bure in kennis wanneer u die plaas verlaat vir vakansie of as u vir ‘n onbepaalde tyd van die woning af weg gaan wees.

• Waghonde, sowel as ganse bly ‘n goeie waarskuwin­gstelsel.

• Streng toegangsbe­heer op plase is belangrik om u en u werkers se veiligheid te beskerm. Onthou: As die huiseienaa­r geweet het watter tyd van die dag die dief sou kom, sou hy wakker gebly het en nie toegelaat het dat daar by sy huis ingebreek word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa