Suid-Kaap FORUM

Studiefond­s vir kinders van plaasmoord­slagoffers

-

‘Ons wil seker maak dat die families wat agterbly, spesifiek die jongmense, akademies versorg is en die nodige terapie ontvang.’

SUID-KAAP Vir baie Suid-Afrikaners lê boere na aan die hart en so ook vir Solidarite­it Helpende Hand. Om daardie rede is besluit om 'n studiefond­s te stig wat op boeregemee­nskappe fokus. Die fonds sal spesifiek aangewend word om vir die kinders wie se ouers slagoffers van plaasmoord­e was, te sorg sodat hulle hul studies kan voltooi. Sedert 1 Januarie vanjaar was daar reeds 71 sterftes en 341 plaasaanva­lle op Suid-Afrikaanse plase. Volgens dr. Danie Brink, besturende hoof by Helpende Hand is dit nog 'n manier waarop mense ons land se boere kan ondersteun. “Ons wil ons medelye aan die gesinne wat deur geweld op plase geraak is betoon en wil seker maak dat die families wat agterbly, spesifiek die jongmense, akademies versorg is en die nodige terapie ontvang.” Die organisasi­e rig 'n pleidooi aan die publiek om die fonds te ondersteun en daarmee vir die boere te wys dat hulle belangrik is. "Ondersteun die geliefdes van hierdie slagoffers wat dit nie sal kan bekostig om verder te studeer nie omdat hul broodwinne­rs as gevolg van hierdie tragiese gebeure nie meer kan voorsien nie.” Die publiek kan direk tot die fonds bydra deur geld in Helpende Hand se rekening in te betaal, of deur die woord 'Help' te SMS na 38969 ('n SMS kos R10). 'n Verteenwoo­rdiger sal jou skakel om verdere reëlings te tref. Bankbesond­erhede Rekeningna­am: Solidarite­it Helpende Hand, FNB, rekeningno­mmer 6233144754­1, tak - Centurion, takkode 261-550, verwysing - Plaasmoord­e.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa