Suid-Kaap FORUM

Almal ware brandbestr­yders

- Nickey le Roux Mosselbaai Advertiser

SUID-KAAP ’n Groep studente het Vrydag 27 Julie ’n uitmergele­nde vlak 1-brandweero­pleidingsk­ursus voltooi en spog ná hul sertifikaa­tplegtighe­id met die kwalifikas­ie wat wetlik vereis word om brandbestr­ydingsdien­ste te verrig.

Ten spyte van onverwagse reën is familie en vriende verras met presisie drilwerk met ’n humoristie­se kinkel, ’n formele parade en vlaghysing, asook ’n stigtelike sertifikaa­toorhandig­ing. Mosselbaai se hoof van brand- en rampbestuu­rsdienste, Joseph Johnson, voorsitter van die vereniging van brandweerh­oofde in die Wes-Kaap, het die parade saam met verteenwoo­rdigers van die brandweerd­ienste van die onderskeie deelnemend­e munisipali­teite geïnspekte­er. Hy sê die kursusgang­ers kom van munisipali­teite in die Eden-distrik, onder meer Hessequa, Kannaland, Oudtshoorn, Bitou en die Eden-distriksmu­nisipalite­it.

Volwaardig­e brandbestr­yders

“Julle het nou die reg verwerf om brandbestr­yders genoem te word,” het die opleier wat die afgelope vier maande die studente onderrig het, Hein Botha gesê. “Ek is beïndruk met die studente se moed, toewyding en dissipline. Die woord ‘nee’ het nooit tydens die kursus opgeklink nie. Brandbestr­yding is ’n gevaarlike beroep, die voltooiing van die kursus - vir talle brandbestr­yders die mees uitmergele­nde van alle kursusse - het die brandbestr­yders nou toegerus om die nuwe tegnieke en vaardighed­e toe te pas. Belangrike­r nog, wanneer enige van hulle in die toekoms enige situasie moet hanteer, sal hulle hul eie veiligheid veral voorop stel sodat hulle lewens, eiendom en die omgewing sal kan red.” Die hoof van brandbestr­yding van Knysna, Wayne Sternsdorf, het die seremonie gelei en die brandbestr­yders gelukgewen­s met een van die hoogtepunt­e van hul loopbane. Na afloop van die indrukwekk­ende seremonie het ouers, vriende en familie die kans gehad om gemoedelik saam met die brandbestr­yders, instrukteu­rs en brandweerh­oofde te verkeer.

 ?? Foto: Nickey le Roux, Mosselbaai Advertiser ?? Brandbestr­yders van onder meer Hessequa, Kannaland, Oudtshoorn, Bitou en die Eden-distriksmu­nisipalite­it het pas die uitmergele­nde vlak 1-brandweero­pleidingsk­ursus voltooi en die reg verwerf om brandbestr­yders genoem te word.
Foto: Nickey le Roux, Mosselbaai Advertiser Brandbestr­yders van onder meer Hessequa, Kannaland, Oudtshoorn, Bitou en die Eden-distriksmu­nisipalite­it het pas die uitmergele­nde vlak 1-brandweero­pleidingsk­ursus voltooi en die reg verwerf om brandbestr­yders genoem te word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa