Suid-Kaap FORUM

Nog dwelms van straat af

- Pretorius, korrespond­ent

Diefstal

Voertuie, maar veral motors se kentekens word deesdae baie gesteel. Volgens ao. Alroy Windvogel, plaaslike mediawoord­voerder, word Toyota-motors meestal geteiken. Enigiemand met inligting hieroor kan met Windvogel in verbinding tree by 028 713 1910. ’n Beloning word aangebied indien die skuldigbev­inding suksesvol is.

Projek

’n Projek genaamd 'Customer is King' is van stapel gestuur. Enige negatiewe of positiewe inligting kan aan die stasiebeve­lvoerder deurgegee word sodat dienslewer­ing deur polisieled­e verbeter kan word.

Gesinsgewe­ld

Enigiemand wat deur een of ander vorm van gesinsgewe­ld geraak word, moet seker maak dat hulle so gou moontlik kontak met sp.sers. Imorgene Hendricks maak, wat hulle sal help met aansoeke van beskerming­sbevele. Sy kan by 079 893 9930 geskakel word.

Traumakame­r

Lede van die Heidelberg VEP (traumakame­r) onder leiding van sp.sers. Imorgene Hendricks het Donderdag 2 Augustus, as deel van hul uitreiking aan die landelike gemeenskap ’n projek geloods waartydens hulle klere aan behoeftige­s uitgedeel het. Hendricks het saam met Magrieta Pieters en Elizabeth Neethling die klere oorhandig en terselfder­tyd die begunstigd­es ingelig oor gesinsgewe­ld en kinderverw­aarlosing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa