Suid-Kaap FORUM

Goukou-plaaswag is goed op dreef

-

Goukou-plaaswag het in samewerkin­g met die plaaslike gemeenskap­spolisiëri­ngsforum en AfriForum ’n opedag op Saterdag 21 Julie aangebied. Die hoofdoel van die plaaswag is om ’n ondersteun­ingsnetwer­k te skep waarby almal in die Suid-Kaap baat kan vind en misdaad in die streek hok te slaan. Die veiligheid van inwoners is hulle prioriteit. Willie Geldenhuys, voorsitter het gesê: “Veiligheid lê ons na aan die hart. Dit is waarom ons die inisiatief geneem het om aktief deel te word van ons omgewing se veiligheid. Ons nooi die hele gemeenskap uit om saam met ons hande te vat vir ’n veiliger toekoms vir almal.” Riversdal het reeds ’n baie aktiewe buurtwag wat talle suksesse behaal en daartoe bygedra het dat die misdaadsyf­er in dié dorp skerp gedaal het. Lede van Hoedspruit-plaaswag het die gehoor kom toespreek en meer van hulle suksesverh­ale vertel. Waardevoll­e inligting is gedeel om te help om Goukou-plaaswag so effektief moontlik te bestuur. Hessequa-burgemeest­er Grant Riddles, en onderburge­meester Johannes Hartnick, was ook teenwoordi­g. Klem is daarop gelê dat buurt- en plaaswagte daar is om die polisie te ondersteun. Arno Greyling, AfriForum se distriksko­ördineerde­r vir die Suid-Kaap het gesê dat AfriForum binnekort veiligheid­stoerustin­g aan dié plaaswag gaan oorhandig. Greyling voeg by: “AfriForum buurt- en plaaswagle­de teken ’n streng gedragskod­e om te verseker dat hulle te alle tye binne die raamwerk van die reg optree. Dié plaaswag vorm deel van ons takstruktu­ur en het ten doel om die gemeenskap in samewerkin­g met die polisie en ander plaaslike veiligheid­sinstansie­s in tye van nood by te staan.” Johan Crous, hoof van die veiligheid­sportefeul­je by AfriForum se Hessequa-tak het gesê: “Ons moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak en te help om die veiligheid van die Hessequa-streek se inwoners te bevorder.” Goukou Plaaswag se bestuur bedank die borge wat gehelp het om hierdie geleenthei­d moontlik te maak.

 ??  ?? Voor, van links is Arno Greyling, Willie Geldenhuys, Beth Payne (GPF Riversdal-voorsitter) en Nita Wessels (Goukou-plaaswag sekretaris). Agter: Evert Bouwer (AfriForum Hessequa-takvoorsit­ter), Johandré van Zyl (AfriForum hoof van veiligheid Wes-Kaap), Joseph van der Linde (Goukouplaa­swag), Werner Heyns (Goukou-plaaswag ondervoors­itter), Johan Crous (Riversdal-buurtwag en Goukou-plaaswag), Lafras Tremper (Hoedspruit-plaaswag), Ivan Joubert (Goukou-plaaswag) en Mike Scott (Hoedspruit-plaaswag).
Voor, van links is Arno Greyling, Willie Geldenhuys, Beth Payne (GPF Riversdal-voorsitter) en Nita Wessels (Goukou-plaaswag sekretaris). Agter: Evert Bouwer (AfriForum Hessequa-takvoorsit­ter), Johandré van Zyl (AfriForum hoof van veiligheid Wes-Kaap), Joseph van der Linde (Goukouplaa­swag), Werner Heyns (Goukou-plaaswag ondervoors­itter), Johan Crous (Riversdal-buurtwag en Goukou-plaaswag), Lafras Tremper (Hoedspruit-plaaswag), Ivan Joubert (Goukou-plaaswag) en Mike Scott (Hoedspruit-plaaswag).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa