Suid-Kaap FORUM

Huis glo onwettig bewoon

-

STILBAAI Inwoners van dié dorp, maar spesifiek in die omgewing van Perdekuill­aan, is raadop met bewoners van ’n huis wat blykbaar nog nie okkupasier­egte het nie. Volgens ’n paar van die bure word daar boonop dikwels tot in die vroeë oggendure partytjie gehou, met musiek wat ’n paar blokke ver gehoor kan word. Die polisie se hulp is al ingeroep, maar dié mense steur hul oënskynlik nie aan die vermanings nie. Van die bure het selfs al so ver gegaan om foto’s van die voertuie wat gedurig in en uit beweeg te neem. Suid-Kaap Forum het self ondersoek gaan instel en met sommige van die bure ’n onderhoud gevoer. Blykbaar is hulle al deur een van die persone wat nie daar woonagtig is nie, maar wel op daaglikse basis daar is, met geweld gedreig. Wat opvallend was, is meubels op die boonste verdieping wat ’n aanduiding is dat daar wel mense op die boonste vloer ook bly, maar daar geen balkonreli­ng op die stoep is nie. “Een aand het daar ’n jongerige persoon op die balkon gesit met sy bene wat afgehang het. Ek het ingegaan om my kamera te gaan haal om dit af te neem, maar iemand moes dit opgemerk het en het hom aangesê om in die huis te gaan,” het ’n buurman gesê. Hy het ook uitgewys dat die dak met ’n effense afwaartse boog beweeg, wat volgens hom ’n aanduiding is dat die huis nie op voorgeskre­we standaarde gebou is nie. “Een van die boonste vertrekke het boonop ‘n yslike lang en breë kraak wat ek van my huis af kan sien.” ’n Ander buurman het gesê dat die bewoners ook vir ’n lang tyd krag onwettig moes gebruik het. “Die huis is al vir ongeveer 14 jaar in aanbou en krag is onwettig aangelê tot baie onlangs. Ek het die kraglesing daarna gesien toe dit gelees is en vir die hele tyd was daar net meer as 800 eenhede gebruik. Dis wat myne amper vir ’n maand beloop,” het hy ontsteld gesê. ’n Foto van ’n elektriese kragdraad wat van die hooftoevoe­r op die sypaadjie na die huis aangelê was, is in die koerant se besit.

Kommentaar deur Hessequamu­nisipalite­it

Die aangeleent­heid is te rolle geplaas om aangehoor te word op 11 September. Geen ander inligting kan verder verstrek word nie omrede die aangeleent­heid sub judice is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa