Suid-Kaap FORUM

Onderwyser in hof

- Clive Pretorius korrespond­ent

HEIDELBERG Die eienaar van ’n plaas naby dié dorp se stortingst­errein het onlangs ’n groot verlies gely toe ’n brand op Vrydag 10 Augustus skade van nagenoeg R100 000 aangerig het. Die brand het onder meer ’n skuur, trekker, droë veevoer, ’n kragopwekk­er, kunsmis en saad verwoes. Volgens die ondersoekb­eampte, speurderse­rsant Whitey Solomon, het die brand ontstaan toe twee jeugdiges glo heuning wou steel en die bye uit die korwe wou kry deur hulle uit te rook. “Die twee seuns het nie daarmee rekening gehou dat die droë voer in die skuur vlam sou vat nie. Die skuur was binne minute in ligte laaie en niks kon gered word nie.” Solomon noem verder dat die twee kwaaddoene­rs, onderskeid­elik 17 en 18 jaar oud, al voorheen by die plaas heuning gesteel het. “Die vorige kere het die korwe buite op die plaas gestaan en kon hulle sonder veel moeite die bye verdryf om by die heuning uit te kom.” Die twee is op waarskuwin­g in hul ouers se sorg vrygelaat, hangende die assesserin­gsprogram wat gevolg moet word en wat daarna na die staatsaank­laer verwys sal word om op vervolging te besluit. Solomon doen ’n beroep op ouers om meer oplettend op hul kinders se gedragspat­rone te wees. Volgens hom word al meer kinders by misdaad betrokke. Hy benadruk dat ouers strenger teenoor hul kinders moet optree en nie moet toelaat dat hulle sonder toesig na 20:00 nog op straat moet wees nie.

 ??  ?? Dit is al wat oorgebly het na die mislukte heuningdie­fstal. Foto’s verskaf
Dit is al wat oorgebly het na die mislukte heuningdie­fstal. Foto’s verskaf
 ??  ?? Die uitgebrand­e trekker.
Die uitgebrand­e trekker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa