Suid-Kaap FORUM

Petrolkopp­e spog met ou karre

- San-Marié Cronjé

STILBAAI Just Wheels-motorgroep het eienaars van unieke en veteraanmo­tors genooi om Saterdag 25 Augustus by die brugmark op die dorp te skou.

Sewentien motors is uitgestal en bewonderaa­rs het behoorlik om die motors gekloek. Johan Beetge (organiseer­der) het gesê: “Ek het twee jaar terug my ou motors verkoop voor ek getrek het. Daarna het ek gereeld ou karre hier in die omgewing raakgesien. Motoreiena­ars het gesê hulle ry amper nooit met die karre nie. Ons het besluit dit moet verander want die karre kan nie sommer net so rondstaan nie.” Die Just Wheels motorgroep is gestig en in Desember 2016 het hulle hul eerste motorskou in Jongensfon­tein gehou. Dertien motors is uitgestal. Hulle probeer om eenkeer ’n maand ’n geleenthei­d te skep waar eienaars hul motors kan uistal. Omdat die motors stadig ry en bykans net eenmaal ’n maand, is die stygende brandstofp­rys nie vir hulle ’n bekommerni­s nie. Beetge het gesê dit neem ongeveer drie tot sewe jaar om ’n motor op te bou tot die punt waar dit in ’n werkende toestand is en geskou kan word. Boustyl van die motors verskil. Van die motors het reeds ’n enjin in en benodig min werk waar ander weer net ’n dop is: In so geval moet onderdele gesoek word en die motor moet feitlik van niks opgebou word. “Ons het ’n WhatsApp-groep waarop ons almal op hoogte van gebeurteni­sse hou. Ek sê altyd vir mense, wanneer jy deel is van so groep soek jy nie alleen vir ’n spesifieke onderdeel vir jou motor nie, 40 ander help jou ook soek. So werk ons saam en ons klomp petrolkopp­e gesels sommer net lekker oor karre.” Beetge nooi belangstel­lendes in die streek om by hul groep aan te sluit. Indien jy belangstel, skakel hom by 083 725 3790.

 ??  ?? Vos Vorster in sy 1958 SAAB 93 B.
Vos Vorster in sy 1958 SAAB 93 B.
 ??  ?? Johan Beetge by sy 1961 Morris Minor.
Johan Beetge by sy 1961 Morris Minor.
 ??  ?? Hugo en Ria van Dyk staan hier by hul 1961 Sunbeam Rapier. Foto’s San-Marié Cronjé. Francois Prinsloo het hierdie Lacost Olsmir self gebou.
Hugo en Ria van Dyk staan hier by hul 1961 Sunbeam Rapier. Foto’s San-Marié Cronjé. Francois Prinsloo het hierdie Lacost Olsmir self gebou.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa