Suid-Kaap FORUM

RIVERSDAL IS 180 JAAR OUD

- Keith Eksteen korrespond­ent

RIVERSDAL Dié dorp is vandag, Donderdag 30 Augustus 180 jaar oud. Die koerant wat jy vandag lees, was vroeër ‘n gratis advertensi­eblad, die Mikro-Ads wat in 1986 Donderdaga­ande deur skoolseuns by wonings afgelewer is. Die naam is later verander en die eerste Suid-Kaap Forum verskyn op 6 September 1991. Dus, liewe leser, gee jouself ‘n klop op die skouer. Jy het vandag op jou manier die dorp se stigtingsd­ag, 180 jaar gelede beleef, gevier en oorleef. Onder leiding van dr. William Robertson, leraar van Swellendam, koop 12 lede die plaas Doornkraal van Hermanus Steyn in Junie 1837, vroeër ‘n leningplaa­s in 1746. ‘n Kerk word gebou deur die Onafhankli­ke Godsdienst­ige Gesticht en erwe word verkoop. ‘n Advertensi­e verskyn op 31 Augustus 1838 in die Government Gazette, nr. 1706 wat lees: “Die dorp word vernoem na Sir Harry Rivers wat siviele kommissari­s van Swellendam was, gebore in 1785 en oorlede op 6 Desember 1861.” Riversdal was die 3de munisipali­teit in die Kaapprovin­sie. Die proklamasi­e het in die Government Gazette van 7 Junie 1848 verskyn. Die munisipali­teit het uit slegs drie lede bestaan aangesien die dorp in drie wyke verdeel was. Volgens dr. Hans Fransen was Langstraat die straat met die mooiste huise in verskillen­de boustyle. Die vrugbare grond is geskik vir vele landboubed­rywighede soos bees- en skaapboerd­ery, volstruise, koring, olywe, neute, sitrus, wyn en tabak. Die rol wat die Joodse inwoners tot die vooruitgan­g van die dorp gelewer het, kan nie misken word nie. Onder andere was daar Nainkin-skoenfabri­ek en leerlooier­y, Sam Sagor (die ou Jode-Boer) se winkel, Solly Nainkin, dr. DJ Sagor en ook dr. Leonard Nainkin wat tot sy dood die beste spinale spesialis in die wêreld was. Die oudste bestaande besigheids­geboue is Snyman Boumateria­le (1880), Royal Hotel (1881) en Op die Hoek Kafee (1909) te Barrystraa­t. Die besighede lewer nog altyd ‘n diens aan die publiek. Gebore en getoeë Riversdall­ers wat hul merk op die samelewing gemaak het, is JAE Volschenk (skilder, 1853-1936), SV Petersen (digter, 1914-1987), Johannes Meintjes (skilder/skrywer, 1923-1980), Dalene Matthee (skrywer, 1938-2005) en dr. Ivanhoe Becker (eerste bruin mediese dokter). Vandag staan die munisipali­teit as Hessequa-munisipali­teit bekend en bestaan dit uit Gouritsmon­d, Albertinia, Stilbaai, Melkhoutfo­ntein, Jongensfon­tein, Vermaaklik­heid, Heidelberg, Slangrivie­r en Witsand. Die hoof administra­tiewe setel is te Riversdal. Uit ‘n opvoedkund­ige oogpunt beskik die dorp uit twee hoërskole, een Christelik georiëntee­rde privaat skool, drie laerskole en vier landelike of plaasskole en verskeie voorskools­e kleutersko­le. Die oudste kerkgebou is die St. Matthews Anglikaans­e kerk (1856) en die oudste gemeenskap­sorganisas­ie is die Independen­t Order of True Tempers (IOTT), gestig in 1889. Van die geproklame­erde nasionale gedenkwaar­dighede is Zeekoegat opstal (1960), Puntjie huise (1967), die ou tolhuis in die Garciapas (1968) en Versfeldhu­is (Julius Gordon Africana-sentrum) wat op 6 Mei 1966 amptelik geopen is.

 ??  ?? Langstraat
Langstraat
 ??  ?? Hoofstraat
Hoofstraat
 ??  ?? Joodse sinagoge
Joodse sinagoge

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa