Suid-Kaap FORUM

Polisie het hul hande vol met inbrake

-

HEIDELBERG Die plaaslike polisie het hulle hande vol met inbrake en diefstal, veral in die Oos-Dorp. Twee huise in Hoogstraat het onder inbrake deurgeloop op Maandag- 20 en Dinsdagaan­d 21 Augustus, terwyl daar ook die nag van 22/3 Augustus by ’n huis in Gamblestra­at ingebreek is terwyl die huisvrou en ’n vroulike inwoner geslaap het. Goedere van nagenoeg R21 000, waaronder gaar kos, is by die drie persele gebuit. Volgens ao. Alroy Windvogel, plaaslike polisiewoo­rdvoerder, is twee minderjari­ge jeugdiges by die inbrake in Hoogstraat betrokke. Hulle is onderskeid­elik 13 en 16 jaar oud. By die eerste huis, dié van ’n plaaslike speurder, is die egpaar se goue trouringe, asook kos en lekkernye wat in die yskas was, gesteel. Die bak waarin die kos was, is die volgende dag buite ’n huis oorkant die pad gevind. Hulle was nie tuis tydens die inbraak nie. Die kwaaddoene­rs het glo by ’n venster by die motorhuis ingebreek om toegang tot die huis te verkry. By die ander huis in Hoogstraat die volgende aand is ’n digitale kamera, twee Nokia-batterylaa­iers en kos gesteel. Die twee verdagtes is in hul ouers se sorg vrygelaat. Na ’n assesserin­gsprogram sal die saak na die staatsaank­laer verwys word om te besluit of hulle vervolg gaan word. By die huis in Gamblestra­at is toegang by ’n toiletvens­ter verkry. Juweliersw­are, vier selfone, waaronder ’n Tablet 7 (raakskerm met ’n pers omhulsel), ’n wit Nokia 201, Huawei (swart, raakskerm met goue plastiekom­hulsel) en ’n wit en swart Nokia of Samsung-selfoon (gekraakte raakskerm met ’n rooi omhulsel) gebuit. Niemand is nog in verband met dié inbraak gearrestee­r nie, hoewel die polisie ’n sterk vermoede het wie daarvoor verantwoor­delik is. Enigiemand met inligting oor die misdade kan met speurder-sersant. Whitey Solomon by 084 661 1155, of met die dienssentr­um by 028 722 1910, of die noodnommer 10111 in verbinding tree. - Clive Pretorius korrespond­ent

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa