Suid-Kaap FORUM

’n Passievoll­e nuwe eienaar vir Vodacom Stilbaai

- Elza Thiart-Botes, korrespond­ent

André van der Merwe is die nuwe eienaar van Vodacom Stilbaai.

André is reeds 13 jaar in die sellulêre industrie en sy besigheid was een van die top-10-handelaars in die land.

Hy was die eienaar van MTN-winkels in Hartebeesp­oort, Rustenburg, Centurion en Rietfontei­n in Pretoria en het in die begin van vanjaar, MTN se derde grootste nasionale handelaars gehelp om hul operasione­le bestuur op te skerp - ’n eienaar wat passievol oor dienslewer­ing is en glo dat dit die grondslag is waarop besighede gebou word.

Hy sien daarna uit dat die Vodacomtak op Stilbaai aan kliënte goeie diens lewer en het opwindende planne vir die toekoms.

Vodacom Stilbaai se dienste sluit nuwe Vodacom-kontrakte, opgraderin­gs, voorafbeta­alde kontrakte en selfoonbyk­omstighede in.

Hoewel hul deure reeds vir besigheid oop is, sal heelwat spesiale aanbieding­e vanaf 1 September beskikbaar wees. Hulle nooi al die bestaande en nuwe kliënte om Saterdag 1 September te kom deel in hul amptelike opening.

Spesiale pryse vir nuwe kontrakte en opgraderin­gs sal nêrens in die land, behalwe by Vodacom in Stilbaai, beskikbaar wees nie.

Boonop sal kontrak kliënte ballonne kan prik waarin pryse versteek is met ’n selfoon as een van die groot pryse wat gewen kan word.

Kliënte wat data of lugtyd hier aanskaf, se strokies sal gebruik word vir ’n maandeliks­e trekking waartydens die wenner R100 se lugtyd of 500Mb se data ryker kan word. Die trekking sal strek tot en met 31 Desember vanjaar.

Besoek Vodacom Stilbaai op die hoek van Perdekuil- en Fynbosstra­te agter die Fynbossent­rum waar André, Michelle Drotsky of Wesley Nagel jou sal bedien.

Besigheids­ure (winter) van 09:00 tot 17:00 en 08:00 tot 17:00 in die somer.

Vir meer inligting skakel hulle by 028 754 1963. -

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa