Suid-Kaap FORUM

Waarskuwin­gs van polisie

-

Waarsku jou kinders

HEIDELBERG Ao. Alroy Windvogel het ouers gevra om hul kinders teen ontvoerder­s te waarsku. “Baie kinders regoor die land raak die afgelope tyd weg. Ouers moet hul kinders waarsku om weg te bly van vreemdelin­ge en vreemde motors. Leerders en ouers moet meer waaksaam wees.”

Pasop vir dié slenter

STILBAAI Stilbaai-polisie se media woordvoerd­er, a o. Morné D’Emiljo, het sy bekommerni­s uitgespree­k oor kuberruim (internet) bedrog. “Daar bestaan nie so iets dat jy geld vir iemand moet inbetaal om sodoende vir jou werk te verseker nie. Moenie persoonlik­e inligting telefonies of per e-pos deurgee nie.” Hy noem ook dat die persoon wat jou kontak heelwat vrae vra en sodoende bou hulle ’n databasis van jou persoonlik­e inligting op. “Wees versigtig en hanteer enige oproep as verdag.”

Klipgooier­s ’n probleem

HEIDELBERG Klipgooier­s staan gereeld op die voetoorgan­gbrug op die N2 by Heidelberg. Ao. Alroy Windvogel het gesê dat hulle gereeld klagtes kry van veral kinders wat klippe van die brug af gooi. “Ouers sal verantwoor­delik gehou word vir die skade aan motors as gevolg van die klipgooier­y. Die jongste voorval was Maandag 3 September. Wanneer dit gebeur moet jy nie stop nie. Hou aan ry tot waar dit veilig is en meld dit dadelik by die polisie aan.”

 ?? Foto: Wilma Adamson ?? Pasop vir klipgooier­y vanaf hierdie burg op die N2 buite Heidelberg.
Foto: Wilma Adamson Pasop vir klipgooier­y vanaf hierdie burg op die N2 buite Heidelberg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa