Suid-Kaap FORUM

Dief nog op vrye voet

- Clive Pretorius, korrespond­ent

HEIDELBERG ’n Vermeende dief is nog op vrye voet nadat die polisie op ’n huis in Witsand toegeslaan het.

Volgens die polisie het ’n inwoner van Witsand hulle verwittig dat daar by ’n naburige vakansiehu­is ligte brand en dat die eienaar volgens hul kennis nie tuis is nie. Volgens speurderse­rsant Whitey Solomon het die dief onraad vermoed toe die polisie inbeweeg en het sonder sy buit, wat ’n Samsung TV en Safeway CD/hoëtrouste­lsel insluit, spore gemaak. Enigiemand wat die polisie met die nodige inligting kan voorsien om die kwaaddoene­r te arresteer, kan Solomon by 084 661 1155 of die dienssentr­um by 10111 of 028 722 1910 skakel. Ao. Alroy Windvogel, plaaslike polisiewoo­rdvoerder, doen ’n ernstige beroep op alle inwoners om nie gesteelde goedere aan te koop nie, omdat dit ’n mark vir die diewe skep om van hul buit ontslae te raak. Hy waarsku ook dat die koper aangekeer kan word en tronkstraf in die gesig staar. Windvogel noem verder dat inbrake by veral huise toeneem. ‘n 16-jarige is onlangs gearrestee­r nadat by ’n huis in Hoogstraat deur ’n klein toiletvens­ter toegang verkry is. ’n Selfoon en tablet wat tydens die inbraak gesteel is, is teruggevin­d. Huise in die middedorp het ook deurgeloop waar selfone en ’n skootreken­aar gesteel is. Windvogel kan by 082 522 1245 geskakel word met enige inligting. -

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa