Suid-Kaap FORUM

Unieke Janique gee nie sommer moed op nie

-

RIVERSDAL Janique Gerber (18), hoofmeisie van Hoërskool Langenhove­n het vir vanjaar se Miss High School SA ingeskryf omdat sy van uitdagings hou.

Janique vertel: “Ek en my jonger suster hou daarvan om op sosiale media rond te soek. Sy het op die kompetisie afgekom en gesê ek moet inskryf. Nadat ek hulle webtuiste en Facebook-bladsy bekyk het, het ek besluit dit sal ’n lekker uitdaging wees.” Vanjaar was reeds vir Janique ’n groot uitdaging omdat sy as hoofmeisie gekies is, in matriek is, in die eerste hokkiespan gespeel en nog hard geleer het om die nommer een akademie kandidaat in haar graad te wees. “Modelwerk is nie een van my stokperdji­es nie. Juis omdat so baie meisies ingeskryf het, was ek verbaas om as een van die 24 semi-finaliste gekies te word. Almal by die skool was baie opgewonde en ondersteun my al die pad.” Sy wil graag ander meisies motiveer om in te skryf omdat dit ’n platvorm is waar jy ’n verskil kan maak. “Meeste mense dink dit gaan net oor jou uiterlike, maar dit gaan oor soveel meer.” Deelname het haar lewe verander omdat sy verplig was om by die gemeenskap betrokke te raak. Op hierdie wyse het sy gesien hoe groot die behoefte in haar eie omgewing is. Jy sou dink dat ’n beroemde aktrise of selfs een of ander suksesvoll­e besigheids­vrou haar rolmodel is, maar vir Janique is dit haar pa. “My pa is ’n landbouer en hy werk baie hard om vir ons ’n goeie toekoms te kan bou. Hy is heeltemal afhanklik van wat die natuur vir hom gee en hy bly altyd sterk in sy geloof. Of dit goed of sleg gaan, hy is altyd positief.” Om haarself te motiveer sê sy: “Wanneer jy nie meer kan hardloop nie, dan moet jy loop. Wanneer jy nie meer kan loop nie moet jy kruip, maar moet nooit moed opgee nie.” Sy beplan om somatologi­e (skoonheid) op Stellenbos­ch te studeer na matriek. As deel van haar verpligtin­ge as semi-finalis moet sy R2 000 insamel en het net tot einde September om dit te doen. Indien jy haar wil help om haar einddoel te bereik skakel Jenene by 084 621 0313. Ondersteun Janique deur GEES MHSSA Janique te SMS na 37587. Onthou, elke stem tel.

 ??  ?? Janique het ’n passie vir kinders en wil graag ’n verskil in haar gemeenskap maak.
Janique het ’n passie vir kinders en wil graag ’n verskil in haar gemeenskap maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa