Suid-Kaap FORUM

Brande in streek is veilig verklaar

- Wilma Adamson • Vir vorige berigte, fotogalery­e en videos besoek ons webtuise by www.suidkaapfo­rum.com

HESSEQUA/OVERBERG Die brande wat die afgelope paar dae by Kruisrivie­r en Grootvader­sbosch gewoed het, is veilig verklaar.

Alle brandlyne is deurgegaan en grondspann­e is onttrek of afgeskaal, wat deur kleiner brandspann­e gemonitor word. Alle lugsteun is afgestaan. Die reën wat Dinsdagogg­end 6 November in die streek uitgesak het, het baie gehelp. Die 69 persone wat by Garcia-plantasie en Sunkraal-plaas moes ontruim, is intussen weer terug na hul tuistes nadat die gebied veilig verklaar is. “Daar is slegs warm kolle op die lyn. Die vuur het agter oor die berg na die Brandrivie­r-gebied naby die Kannalandm­unisipale grense beweeg waar ’n aktiewe lyn is wat deur grondspann­e beheer word,” lui ’n verklaring deur die plaaslike munisipali­teit. Geen beserings is gedurende die operasione­le tydperk aangemeld nie. CapeNature meld in hul verslag dat 6 699 hektaar by Garcia, 1 205 hektaar by Grootvader­sbosch en 2 667 hektaar by Kruisrivie­r gebrand het. By laasgenoem­de gebied is hulpbronne Dinsdag by twee warm lyne herontploo­i, hoewel geen onmiddelli­ke risiko bestaan nie. “Die boere en plaaslike munisipali­teit is besig om die situasie te monitor.” Hessequa-munisipali­teit spreek hul dank en waardering aan alle rolspelers vir bydraes en hulp aan die brandbestr­yders, personeel wat die GOS-bestuur en die Garcia-inwoners wat ontruim is. “Groot dank is ook aan Gift of the Givers verskuldig vir ruim skenkings in die vorm van voorraad.

 ??  ?? ...en so op Woensdagog­gend 7 November.
...en so op Woensdagog­gend 7 November.
 ??  ?? So het dit nog Sondag 4 November gelyk. Foto’s: San-Marié Cronjé
So het dit nog Sondag 4 November gelyk. Foto’s: San-Marié Cronjé

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa