Suid-Kaap FORUM

Baie bekostigba­re pynverligt­ing

-

EASEMEND is gedurende 2017 in Riversdal gestig met die doel van: ‘PURPOSE-HEALING-LIFE’. Nadat verskeie spesialist­e en universite­ite ook inspraak gehad het in die ontwikkeli­ng- en toetsingsp­roses van die produk is EASEMEND in volle produksie vanaf 2018. Easemend is toegewyd om die gebruiker ’n uitstekend­e gehalte produk te verskaf wat vinnige pynverligt­ing teen ’n bekostigba­re prys bied. Daar is tans twee produkte beskikbaar wat verkrygbaa­r is in die plaaslike en landwye apteke, naamlik EASEMEND RELIEF en EASEMEND SPORT. EASEMEND in samewerkin­g met spesialist­e is tans besig met die ontwikkeli­ng van ’n uitgebreid­e reeks produkte. EASEMEND RELIEF is spesifiek geformulee­r om vinnige pynverligt­ing te bring aan gebruikers met muskuloske­letale ongemak, rumatoïede artritis, rugpyn, ligament besering, jig, inflammasi­e, osteoartri­tis, sciatica en stywe gewrigte. Verskeie gebruikers met ander mediese toestande soos fibromialg­ie en veelvuldig­e sklerose het ook aangedui dat die produk pynverligt­ing vir hulle toestande bring. EASEMEND SPORT bied vinnige pynverligt­ing vir sportbeser­ings en verminder die inflammasi­e, spierstyfh­eid, verskeie spier- , gewrig- en ligamentve­rstuitings en beserings, asook krampe gedurende en na sportoefen­ing. Hierdie produk word ook aanbeveel om gebruik te word voor oefening en kompetisie­s, want dit bevorder prestasie en uithouverm­oë, omdat dit die selle voorberei en beskerm teen akute muskuloske­letale beserings, inflammasi­e en melksuurgi­sting. EASEMEND bevat natuurlike, nie-toksiese produkte wat spesifiek gekombinee­r is om die herstelpro­ses te versnel en pyn te verlig met die gebruik van ’n diep penetreren­de draer wat op die sellulêre vlakke van die vel, spier en onderligge­nde weefsel geabsorbee­r word en ook sodoende sirkulasie verhoog. Verskeie kliënte en chroniese pynlyers wat die produkte gebruik, meld dat hulle verligting ervaar in ’n graad wat hulle nie van ander medikasie kon verkry nie. Kyk gerus op 10 November 2018 vanaf 07:30 to 09:00 na Ontbytsake - ’n kykNETprog­ram (kanaal 144) oor die amptelike bekendstel­ling van EASEMEND.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa