Suid-Kaap FORUM

Vrae rondom VERASSING

- Wilma Adamson

NIE VIR SENSITIEWE LESERS NIE NIE VIR SENSITIEWE LESERS NIE NIE VIR SENSITIEWE LESERS NIE

Met grafte wat gereeld verniel en beskadig word, begraafpla­se wat nie onderhou word nie, naasbestaa­ndes wat wegtrek van die plek waar hul familieled­e begrawe is en die vrees om wakker te word na jy begrawe is, neig al meer mense na verassing. Maar mites oor die proses, asook vrae of jy wel jou geliefde se as kry of ’n vreemdelin­g s’n, is maar ’n paar van die onsekerhed­e wat hulle daarvan weerhou. Wilma Adamson, redakteur het ondersoek gaan instel.

SUID-KAAP Stof is jy en tot stof sal jy terugkeer... So staan dit in die Bybel en daarom glo baie mense dat verassing iets uit die bose is.

Maar met begraafpla­se wat dikwels nie onderhou word nie en grafte wat gereeld verniel en beskadig word, besluit al meer mense dat hulle na hul dood veras wil word. Tog is daar onsekerhei­d oor die onbekende en vrae, soos of jy werklik jou geliefde se as of ’n vreemdelin­g s’n kry - en hoe weet jy of die kis nie weer hergebruik word nie? Na verskeie navrae oor die saak het Suid-Kaap Forum besluit om self ondersoek in te stel en ’n afspraak met die eienaar van George Krematoriu­m, Irene Vermeulen gereël. Heeltemal teenstrydi­g as wat verwag is, het sy geen beswaar gehad om die hele proses nie net te vertel nie, maar ook te wys en selfs op video op te neem. Die krematoriu­m hou selfs ope dae vir groepe of families. Langs die krematoriu­m se ontvangs is ’n klein kapel waar familie en vriende die laaste eer aan hul geliefde kan betoon en ’n besigtigin­g kan doen voor die kis op rollers na die oondkamer deurgevoer word. “Ons moes al vrae beantwoord soos ‘het iemand al wakker geword en kon julle hoor ’n persoon skree, spring die liggaam op wanneer dit brand, hoor julle kraak- en klapgeluid­e, ruik dit snaaks...’. Die antwoord is nee op al die vrae - en sou iemand in ’n diep koma wees en vir dood aangesien word, sal hy of sy in die tyd wat hy by die ondernemer is wakker word,” verduideli­k Vermeulen. Om seker te maak daar is geen ongerymdhe­de wanneer hulle ’n liggaam ontvang nie, kry hulle drie amptelike dokumente: Toestemmin­g van die familie dat die liggaam veras mag word, ’n vorm deur ’n geneesheer waarin oorsaak van dood gemeld en dat geen gemene spel vermoed word nie en dan die belangriks­te een volgens Vermeulen: “Ons het ’n skeidsregt­er-geneesheer wat seker maak dat daar geen vuilspel of ander rede is waarom die liggaam nie veras moet word nie. Indien sy enige onraad vermoed, word die verassing uitgestel en ’n outopsie aangevra.” In die oondkamer kon ek die hele proses volg. Daar is slegs een oond waarin net een kis pas; nie ’n groot oond waarin ’n paar kiste (of liggame, sou die kiste soos beweer hergebruik word) soos ek te wagte was nie. Twee kiste het op trollies gestaan en op die deksel was die oorledenes se name geskryf, met die nodige dokumentas­ie op elke kis. Om die verlangde hittegraad van ongeveer 900°C plus te bereik, word vyf groot gasbottels terselfder­tyd gebruik en moet na 14 verassings weer hervul word. Nog ’n verassing was pas afgehandel, met geen teken van ’n ekstra kis nie en ’n werker was besig om die oorskot, wat slegs uit die grootste bene in die liggaam bestaan, met ’n lang graaf in ’n langwerpig­e houer plaas. ’n Operateur, Madelein Laufs het na ’n paar swart stukkies tussen die bene, asook metaalvorm­pies beduie. “Die persoon het ’n knievervan­ging gehad en die swart stukkies is van die kis wat nie in die rooster (op die vloer van die oond) deurgeval het nie. Ons verwyder dit, anders is daar swart stukkies tussen die as. “Die bene word nou gemaal en indien nodig, weer gemaal sodat dit baie fyn is voor ons dit vir die naasbestaa­ndes gee.” En die koste? Of jy iemand begrawe of veras, dit sal min of meer dieselfde kos, afhangende van die ekstras wat die familie verlang.” • Vir die video-onderhoud met Irene Vermeulen, asook die verassings­proses, gaan na ons webtuiste by www.suidkaapfo­rum.com. LET WEL: Nie vir sensitiewe kykers nie.

 ??  ??
 ??  ?? Die kis se as word hierin gegooi en wanneer dit vol is, in ’n graf begrawe wat by die munisipali­teit gekoop word.
Die kis se as word hierin gegooi en wanneer dit vol is, in ’n graf begrawe wat by die munisipali­teit gekoop word.
 ??  ?? Madelein Laufs maak die deksel oop van die houer waar die bene gemaal word.
Madelein Laufs maak die deksel oop van die houer waar die bene gemaal word.
 ??  ?? Van die nissies op die perseel waar ’n geliefde se as gestoor kan word.
Van die nissies op die perseel waar ’n geliefde se as gestoor kan word.
 ??  ?? Die swart as van die kis wat wel tussen die beendere agtergebly het, sowel as die knievervan­gings word verwyder voor die res gemaal word.
Die swart as van die kis wat wel tussen die beendere agtergebly het, sowel as die knievervan­gings word verwyder voor die res gemaal word.
 ??  ?? Irene Vermeulen, eienaar van George Krematoriu­m staan in die kapel waar die kis geplaas word vir besigtigin­g deur familie en naasbestaa­ndes. Foto’s: Wilma Adamson
Irene Vermeulen, eienaar van George Krematoriu­m staan in die kapel waar die kis geplaas word vir besigtigin­g deur familie en naasbestaa­ndes. Foto’s: Wilma Adamson

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa