Suid-Kaap FORUM

Hessequa potspellig­auitslae

-

Sondag 11 November Crazy 8 teen Playboys

Crazy 8 van Riversdal het in hul weg derbywedst­ryd teen Playboys van Riversdal met 19-15 gewen en na die halfeindro­nde deurgedrin­g. Beide Crazy 8 se C- en B-spanne het hul wedstryde met 7-5 elk gewen, terwyl die A-spanne met 5-5 gelykop gespeel het om die wedstryd in Crazy 8 se guns te beklink. Lionel Daries van die wenspan is speler van die wedstryd.

DéJà Vu teen Power Kings

DéJa Vu, ligavoorlo­pers van Heidelberg het in hul tuis derby kwarteinds­tryd Power Kings se krag ontkoppel en met ’n sege van 19-9 uit die stryd getree. Die C- en A-spanne van die tuisspan het hul wedstryde met 9-3 en 4-0 onderskeid­elik gewen, terwyl die B-spanne met 6-6 gelykop gespeel het. DéJà Vu dring na die halfeindro­nde deur. Steven Williams van die wenners is speler van die wedstryd.

Pumas teen Khula’s

Pumas van Heidelberg het redelik gemaklik vir Khula’s van Riversdal in hul tuis kwarteinds­tryd met 19-9 gewen. Pumas se C-span het goed afgeskop en met 7-5 gewen, terwyl hul B-span gemaklik met 9-3 gewen het. Hul A-span moes toe net drie van hul nege wedstryde wen om die wedstryd te beklink en het met ’n sege van 3-1 na die halfeindro­nde deurgedrin­g. Pumas se Marcelino Meyer is speler van die wedstryd.

Tiger Shooters teen Down Town

Tiger Shooters van Slangrivie­r het in hul kwarteindr­onde tuiswedstr­yd vir Down Town van Albertinia met ’n 19-11 sege terug huis toe gestuur. Die tuisspan se C- en A-spanne het hul wedstryde met 8-4 en 5-1 onderskeid­elik gewen, terwyl die B-spanne met 6-6 gelykop gespeel het. Tiger Shooters se Tyron Lotz is speler van die wedstryd.

HESSEQUA POTSPELBEP­ALINGS

Die halfeindro­nde wedstrydbe­palings vir Sondag 18 November in die Hessequa Potspeluni­e is soos volg: Tuisspanne eerste: Tiger Shooters teen Pumas en Dé Ja Vu teen Crazy 8.- Clive Pretorius, korrespond­ent

 ??  ?? Steven Williams van DéJà Vu.
Steven Williams van DéJà Vu.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa