Dis die grootte wat tel
Die interieur- en meubelontwerper Mpho Vackier van Centurion het ’n slag met opwindende dekorelemente en ryk tekstuur – en haar eie gastetoilet is die perfekte weerspieëling van haar kreatiwiteit. Hier skep ’n treffende oorgroot Tretchikoff-afdruk ’n imposante fokuspunt wat perfek werk in dié klein ruimte.
Dis nou wel net ’n toilet, maar vir my is dit die mooiste een op aarde! – Mpho
Plakpapier van Robin Sprong