Fokus op die vloer
Met die opknap van haar Kaapse huis het Anke Roux deurgaans ’n neutrale palet gebruik. Toe dit by die gastetoilet se mooimaak kom, het sy besluit ’n vloer met skulpvormige teëls sal ’n prettige fokuspunt vorm. Natuurlike elemente soos die rottang-spieëlraam en -lampkap rond die voorkoms af. Vir trefkrag en ter herinnering aan haar skoonpa wat oorlede is voor die opknap klaar was, het sy ’n swierige kraan wat hy jare gelede op vakansie in Turkye gekoop het, hier ingesit.
Spieël van MRP Home; teëls van Pudlo