Tuis Badkamers

Nog inspirasie

-

1

Soos ’n sonstraalt­jie Die sanger Elvis Blue (Jan Hoogendyk) en sy vrou, Chireze, huiwer nie om helder kleure in hul huis op George te gebruik nie – en die gastebadka­mer is ’n sprekende voorbeeld! Chireze het ’n imbuia-buffet ingespan as wasbakkas nadat dit ’n vrolike geel baadjie gekry het. Vinielplak­kers met keramiekte­ëls tussenin skep ’n treffende fokuspunt agter die toilet.

Vinielplak­kers van Robin Sprong; hanglampe en wasbak van die Sedgefield-mark 2

Donker bekoring Wie’t gesê klein ruimtes moet lig en helder wees? Katie Farringer bewys die teenoorges­telde in haar piepklein gastetoile­t in Stellenbos­ch. “Ek het lank gesukkel om dié ruimte met gedempte kleure op te kikker, maar dit wou net nooit werk nie,” sê sy. “Toe kies ek iets donkers – nou’s dit vir my beeldskoon!” sê sy.

Wasbak van Hadeda 3

Kunstige deur Die kunstenaar Richard Scott het een van sy ikoniese werke sommer op die deur van die gastebadka­mer in Justine en Corné Krige se kleurvolle huis in Melkbosstr­and geverf. As jy self nie gekonfyt is met ’n verfkwas nie, laat maak ’n afdruk of kies ’n vinielplak­ker vir jou deur. Wanneer jy trek, vervang die deur waarop die kunswerk pryk met ’n nuwe, en neem die beskilderd­e een saam! VERSKAFFER­S Hadeda 011 788 5774, hadeda-tiles.com Home Fabrics 011 266 3700, homefabric­s.co.za

MRP Home 0800 212 535, mrphome.com Pudlo 021 448 0607, pudlo.co.za Robin Sprong 021 447 9842, robinspron­g.com

 ??  ?? 3
3
 ??  ?? 2 Probeer Dulux Sapphire Springs 2 of Royal Regatta 2 Hou jy van die kleur?
2 Probeer Dulux Sapphire Springs 2 of Royal Regatta 2 Hou jy van die kleur?
 ??  ?? 1
1

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa