KENNERSRAAD
Dis nie net emaljebaddens wat herstel kan word nie, sê Johnny Lamprecht van Bathroom Bizarre.
“Jy kan ook van krapmerke op akrielbaddens ontslae raak. Indien jy handig is, doen dit self; as die taak te ingewikkeld vir jou lyk, laat kom ’n kenner. Ongelukkig is daar ook gevalle waar niks jou bad gaan red nie,” sê hy.
• Vir ligte skrape en merke, skuur die beskadigde deel met 1 200-grintwaterpapier (watervaste skuurpapier) en poleer dit dan met ’n goeie motorpolitoer of ’n produk soos Brasso om die glans te herstel. Spoel enige skuurreste af met warm water voor die bad gebruik word.
• Indien jou bad diep skrape, brandmerke of kepe het, koop ’n herstelpak by Bathroom Bizarre en kry professionele hulp.
KONTAK bathroom.co.za