Tuis Badkamers

KENNERSRAA­D

-

Brandon Fyfe van Thompson’s Plumbing gee riglyne vir wasbakke wat bo-op ’n blad staan:

“Wasbakke wat bo-op ’n blad en dié wat daaronder geïnstalle­er word, het verskillen­de dieptes; hou dit in gedagte voor jy op ’n bepaalde styl besluit,” sê hy. “As jy ’n wasbak bo-op

’n blad wil hê, kan jy ’n wasbakkas gebruik wat effens laer as die standaard-900 mm-hoogte van die vloer af is. Tog vind party mense ’n hoër blad gerieflike­r – dis maar ’n saak van persoonlik­e voorkeur.

“Dié wasbakke het nie gate vir die krane nie, daarom moet jou krane óf in die muur óf op die blad langs die wasbak gemonteer word. Een voordeel van so ’n wasbak is dat dit minder snywerk in die blad verg. Met ’n wasbak wat in die blad versink word, moet ’n gat net so groot soos die wasbak uit die blad, hetsy van hout of marmer, gesny word; vir wasbakke bo-op die blad word net ’n gat vir die afvoerpyp en ’n kleiner een vir die kraan (indien dit nie muurgemont­eer is nie) uitgesny. Danksy hul vorm neem ronde of ovaal wasbakke bo-op ’n blad ook minder ruimte in beslag as versinkte wasbakke, sodat daar meer plek vir al jou bederfies en bykomstigh­ede is.”

KONTAK thompsonsp­lumbing.co.za

 ??  ?? Die spieëlrak is nuut, en die wasbakkas is ’n tweedehand­se vonds – albei nommerpas vir die retro-styl. Muurteëls van Malls Tiles
Die spieëlrak is nuut, en die wasbakkas is ’n tweedehand­se vonds – albei nommerpas vir die retro-styl. Muurteëls van Malls Tiles

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa