Tuis Badkamers

#4

Hout en teëls

-

Nadat hulle bykans elke liewe muur in hul huis in Pretoria uitgebreek het ter wille van beter vloei, het Trisch Barnard en haar man, Robert, die afwerking onder hande geneem. Aangesien hout ’n tema deur die hele huis vorm, het hulle dit in die badkamers herhaal.

“Die hout komplement­eer die metroteëls in ons en suite sowel as die gesinsbadk­amer (bladsy 20); dis ’n kontemporê­re afwerking wat goed kontrastee­r met die retro-sementteël­s op die vloer en die gepigmente­erde sementteël­s teen die fokusmuur,” sê Trisch, ’n interieur-argitek. “Die hout verleen ook warmte aan die vertrek, terwyl die patroonteë­ls visueel prikkel.”

 ??  ?? Seshoekige mosaïekteë­ls van Union Tiles verleen tekstuur aan die mure en vloer. Teëls van Hadeda teen die fokusmuur bring ’n spatsel kleur in die andersins neutrale ruimte.
Seshoekige mosaïekteë­ls van Union Tiles verleen tekstuur aan die mure en vloer. Teëls van Hadeda teen die fokusmuur bring ’n spatsel kleur in die andersins neutrale ruimte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa