Tuis Badkamers

KENNERSRAA­D

-

Kandelaber­s is steeds baie gewild in badkamers, maar huiseienaa­rs moet seker maak hulle koop die regte soort passtukke, sê Melissa Davidson van The Lighting Warehouse.

Omdat dit ’n nat vertrek is, moet die passtuk aan streng wetlike regulasies voldoen. Beligting word volgens IP-graderings (“ingress protection”) geklassifi­seer: hoe hoër die IP-gradering, hoe meer waterbesta­nd die passtuk. Enige passtuk in ’n badkamer, hetsy vir ’n kandelaber of nie, moet minstens ’n IP44-gradering hê; dit verseker dat die lig verseël en spatbestan­d is. As passtukke nie dié gradering het nie, sal jy nie ’n sertifikaa­t van voldoening by ’n elektrisië­n kry wanneer jy eendag jou huis wil verkoop nie. KONTAK lightingwa­rehouse.co.za

 ??  ?? Die koperbad aan een kant en die twee wasbakke aan die ander kant word geskei deur ’n muur van rou bakstene; die kontras maak ’n treffende fokuspunt van die kandelaber en bad.Bad van Copperbath; kristalkan­delaber van Decorators Warehouse Die bad vertoon treffend op die swart en wit keramiekte­ëls van CTM.Wasbakke (oorkant) van Antique Bathrooms; spieëls van Con Amore
Die koperbad aan een kant en die twee wasbakke aan die ander kant word geskei deur ’n muur van rou bakstene; die kontras maak ’n treffende fokuspunt van die kandelaber en bad.Bad van Copperbath; kristalkan­delaber van Decorators Warehouse Die bad vertoon treffend op die swart en wit keramiekte­ëls van CTM.Wasbakke (oorkant) van Antique Bathrooms; spieëls van Con Amore

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa