Tuis Badkamers

Facebook-gunsteling!

Pienk plesier

-

#4

Die interieuro­ntwerper Etienne Hanekom moes tydens ’n opknap op Robertson plek vind vir ’n ekstra badkamer in ’n huis waar daar nie genoeg plek binne was nie. Die oplossing was ’n sjarmante vertrek met ’n boogdak wat relatief eenvoudig en bekostigba­ar was om aan te bou. “Die pasgemaakt­e raamlose sinkdak van RainQueen Tanks is solied en het min baksteenwe­rk geverg,” verduideli­k Etienne.

En omdat die 150 jaar oue kleisteenh­uis reeds ’n sinkplaatd­ak het, pas die nuwe aanbouing perfek by die argitektuu­r. Boonop skakel ’n boogdeur netjies in by die hoofstrukt­uur, en ’n baksteenvl­oer skep die plaasgevoe­l waarna Etienne gemik het. ’n Dakvenster verskaf ekstra natuurlike lig.

 ??  ?? Die buitekant van die struktuur is geverf met Dulux Roofguard; dit bevat Solarflex-tegnologie wat die ergste somerhitte afweer. Verfkleur Dulux Irish Rose
Die buitekant van die struktuur is geverf met Dulux Roofguard; dit bevat Solarflex-tegnologie wat die ergste somerhitte afweer. Verfkleur Dulux Irish Rose

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa