Tuis Badkamers

In die buitelug

- Wenk

#2

Maryke en Clifford het ook ’n buitestort op hul wenslys gehad. “Ons stort sommer heeljaar buite!” sê Maryke.

Om dié deel van die hoofhuis te onderskei het hulle rooi bakstene gebruik en afgewerk met ’n saksmeerte­gniek. Omdat die stoep nog die oorspronkl­ike leiklipteë­ls uit 1933 het, het hulle dit op die stortvloer herhaal. Die sementrand op die muur eggo die een op hul grensmuur.

In die somer is die eikebome lieflik groen, maar wanneer hulle hul blare afgooi, verskaf kaktusse in potte, asook ’n kruipvy en sterjasmyn groenighei­d. Maak seker daar is pype vir koue én warm water sodat jy in warm en koue weer buite kan stort.

Moenie die gryswater verlore laat gaan nie; verbind die stortuitla­at aan die tuin se besproeiin­g.

Potte van Paul de Jongh

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa